Soorte resepte:

Resep: Boereworsrisotto

Boereworsrisotto (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Risotto met ʼn kinkel.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 750 ml (3 k) warm hoenderaftreksel
  • 375 ml (1½ k) risottorys
  • ʼn bietjie olie
  • 600 g dun boerewors
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • 1 ml sout
  • peper na smaak
  • 30 ml (2 e) fyn parmesaankaas vir bo-oor

Metode

  1. Giet die helfte van die aftreksel en rys in ʼn kastrol. Verhit tot kookpunt.
  2. Verminder die hitte en kook oor lae hitte tot die vloeistof geabsorbeer is. Roer gereeld.
  3. Voeg die helfte van die oorblywende aftreksel by. Laat dit prut tot alle vloeistof geabsorbeer is. Roer gereeld.
  4. Voeg die oorblywende aftreksel ook by en laat dit stadig prut tot alle vloeistof geabsorbeer is. Roer gereeld.
  5. Verhit solank ʼn bietjie olie in ʼn braaipan terwyl die risotto liggies prut. Braai die wors tot amper gaar.
  6. Voeg die ui, kruie, sout en peper by die wors en soteer tot die ui sag is. Verwyder van die hitte.
  7. Sny die wors in kleiner stukkies en voeg by die gaar risotto.
  8. Indien die risotto nie heeltemal sag is nie mag dit dalk nodig wees om ʼn bietjie aftreksel of water by te voeg.
  9. Strooi fyn parmesaankaas oor en sit dadelik voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.