Soorte resepte:

Resep: Eenkastrol-wonderwerk

Eenkastrol-wonderwerk (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

ʼn Heerlike eenpotgereg met hoender, sampioene en rys.

Genoeg vir 6-8 porsies

Bestanddele

Vir die hoender

  • 2 e olyfolie
  • 1 t borrie
  • 1 t kerriepoeier
  • 1 t uiesoppoeier
  • 1 t gedroogde kruie
  • 1 t sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 6-8 hoenderstukke, met bene en vel

Vir die rys

  • 2 e botter
  • 1 e olyfolie
  • 1 groot ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gemaal
  • 250g portabellini-sampioene, in die helfte gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 groot tamatie, ontpit en gekap
  • 1 groen brandrissie, in repies gesny
  • 4 k warm hoenderaftreksel
  • 1½ k langkorrelrys

Metode

Vir die hoender

  1. Vryf die hoender met olyfolie, speserye en sout.
  2. Verhit ’n groot oondvaste kasserol/pot met ’n deksel op medium-hoë hitte.
  3. Verbruin die hoenderstukke in bietjie olyfolie tot die vel krakerig is.
  4. Verwyder die hoender uit die pan en plaas eenkant.
  5. Voorverhit die oond tot 200 °C.

Vir die rys

  1. Verhit die olyfolie en die botter in dieselfde pot/pan wat vir die verbruining van die hoender gebruik is.
  2. Voeg die uie en ’n knippie sout by en soteer tot sag.
  3. Voeg die knoffel en sampioene by. Soteer vir 1-2 minute tot goudbruin.
  4. Voeg die soetrissie, tamatie en brandrissie by en meng.
  5. Gooi die warm hoenderaftreksel by en roer die rys in en laat prut.
  6. Plaas die hoenderstukke knus in die rys en aftreksel, sonder om die vel te onderdompel.
  7. Bedek met ’n deksel of foelie en bak vir 25 minute.
  8. Verwyder die deksel en bak vir nog 25 minute tot die rys gaar is en die hoendervel goudbruin en krakerig is.
  9. Garneer met vars kruie en bedien sommer so uit die skottel uit.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.