Soorte resepte:

Resep: Gebakte lemoenhoender in sampioensous

Gebakte lemoenhoender in sampioensous. (Foto: SAMFA)

Hou hierdie hoenderresep naderby vir jou volgende familiekuier.

Genoeg vir 4-6 porsies.

Bestanddele

  • 6 hoenderdye, met vel (hoender met vel sal die sappigste hoender oplewer. Verminder baktyd indien jy hoender sonder vel of been gebruik)
  • 500 g wit knopiesampioene, gesny
  • 1 groot ui, fyn gerasper
  • 4 knoffelhuisies, fyngemaal
  • 1 t gemengde kruie
  • 125 ml droë witwyn, alkoholvrye wyn of ekstra aftreksel
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 1 groot bos vars dragon (tarragon), blare van stingels verwyder
  • Sap en skil van 1 groot suurlemoen
  • 250 ml suurroom
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie, vir kook

Om te bedien

  • suurlemoenwiggies
  • groen slaai
  • bruin rys en wilde rys

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Geur die hoender goed met sout en peper. Verhit ʼn skeut olyfolie in ʼn braaipan. Braai die hoender tot goud aan albei kante. Verwyder van die hitte en sit eenkant.
  3. Voeg die gesnyde sampioene by die oorblywende vet in die pan en kook op ʼn mediumhitte tot goudbruin.
  4. Voeg die ui by en braai tot sag. Voeg die knoffel en gedroogde kruie by en kook vir 1 minuut tot geurig.
  5. Gooi die witwyn in die pan en laat afkook. Gooi die hoenderaftreksel by en verminder die hitte totdat dit liggies prut.
  6. Voeg helfte van die dragonblare, suurlemoensap by en meng die suurroom by. Proe om geur aan te pas.
  7. Voeg die bruin hoenderdye by die sous. Die hoender moet net-net by die sous uitsteek.
  8. Plaas die pan in die oond en bak vir 20 minute, afhangende van hoe groot jou hoenderdye is.
  9. Strooi die oorblywende dragonblare oor die gereg. Bedien saam met rys.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anna2023 ·

Die bron van die resep “The South African Mushroom Farmers’ Association” verwys na “Lemony Baked Chicken in Mushroom Sauce” NIE ORANGENY . Vertaal asseblief korrek. Dit moet Suurlemoen hoender wees nie Lemoen hoender nie. Daar is ‘n verskil tussen ‘n lemeoen en ‘n suurlemone. Hoekom dit lemoen hoender noem as dit nie lemoene bevat nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.