Soorte resepte:

Resep: Geposjeerde stokvisfilette in ʼn tamatie-en-amandelsous

Geposjeerde stokvisfilette in ʼn tamatie-en-amandelsous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Probeer iets nuuts met dié geposjeerde stokvisfilette.

Bestanddele

Tamatie-en-amandelsous

  • 45 ml olyfolie
  • 2 middelgroot uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 60 g gevlokte amandels
  • 15 g broodkrummels
  • 1 blik Italiaanse tamaties, met ʼn vurk stukkend gedruk om hulle op te breek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 90 ml visaftreksel
  • 15 ml vars suurlemoensap

Geposjeerde stokvis

  • 5 ml sous
  • 3 takkies platblaarpietersielie
  • 1 lourierblaar
  • ʼn paar heel peperkorrels
  • ½ suurlemoen
  • 900 g stokvisfilette

Metode

Tamatie-en-amandelsous

  1. Verhit die olyfolie in ‘n kastrol oor matige hitte en voeg die uie en knoffel by.
  2. Soteer totdat die uie sag is, maar nie bruin nie.
  3. Voeg die amandelvlokkies en broodkrummels by en roer omtrent 1 minuut lank. Voeg die geblikte tamatie by. Hou ‘n bietjie van die amandelvlokkies eenkant vir garnering.
  4. Geur goed met sout en peper, voeg die visaftreksel by, bring tot kookpunt en verminder die hitte tot dit prut.
  5. Kook die sous tot amper al die vloeistof verdamp het en die sous dik genoeg is om sy vorm in ‘n lepel te behou.
  6. Geur met suurlemoensap.

Geposjeerde stokvis

  1. Bring ‘n kastrol water tot kookpunt en voeg 5 ml sout, 3 takkies platblaarpietersielie, die lourierblaar, peperkorrels en ‘n halwe suurlemoen by.
  2. Sodra die water kook, verminder die hitte totdat dit saggies prut en voeg die stokvisfilette by. Laat prut sowat 5-7 minute lank sonder deksel, afhangende van hoe dik die vis is. (As die vis gaar is, sal dit maklik vlok.)
  3. Haal die vis uit die water en dreineer dit goed.

Bron: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekoskookboek
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.