Soorte resepte:

Resep: Gestopte rooibokboud

Gestopte rooibokboud (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die tweede episode van reeks 2.

Bestanddele:

  • 2 kg rooibokboud
  • 3 knoffelhuisies
  • 5 roosmaryntakkies
  • 160 ml olyfolie
  • 1 eetlepel heuning
  • 10 pere
  • suurlemoenskil, gerasper
  • 1 pakkie brie-kaas
  • 500 g repiespek
  • seesout
  • growwe swartpeper
  • 2 of 3 uie

Metode:

  1. Verwyder die rooibokboud uit die yskas en laat vir 30 minute tot die vleis kamertemperatuur bereik.
  2. Steek ’n vuur aan.
  3. Sny ’n opening in die vleis met ’n skerp mes. Maak seker dat daar genoeg plek is om die vleis te stop.
  4. Sny die huisies knoffel en die roosmaryn takkies fyn, voeg ʼn bietjie suurlemoenskil en ’n klein bietjie sout en peper daarby. Meng met heuning. Smeer mengsel oor die opening aan die binnekant van die boud.
  5. Verwyder die skil van die pere en sny dit dan in dun skywe. Maak die brie fyn en plaas saam met die peerskywe in die opening.
  6. Draai die gestopte rooibokboud met ’n toutjie vas.
  7. Sodra jou vuur reg is, sit jou swart potjiekospot op die vuur. Braai lekker groot uieringe in olyfolie onder in die pot.
  8. Plaas dan jou rooibokboud in die pot bo-op die gebraaide uieringe.
  9. Plaas ’n paar repies spek oor die rooibokboud vir ekstra geur.
  10. Braai die rooibokboud vir 90 tot 120 minute in die pot op die vuur – tyd sal wissel afhangende van die vuur se hitte.
  11. Sodra die vleis medium gaar is, kan jy die rooibokboud uithaal en vir ’n paar minute laat staan voordat dit gesny en voorgesit word.
  12. Smeer intussen die rooibokboud met die sous onder in die oondpan vir ekstra geur.

Aspersies toegedraai in spek (Foto: Byt & Buskruit)

Bykos: Aspersies toegedraai in spek

Bestanddele:

  • 1 pakkie vars aspersies
  • olyfolie
  • swartpeper
  • 250 repiespek

Metode:

  1. Knip die aspersies netjies.
  2. Draai die spekrepies om die aspersies.
  3. Gooi ʼn bietjie olyfolie in ’n pan.
  4. Plaas aspersies in die pan.
  5. Gooi bietjie swart peper oor en braai die aspersies vir 10 tot 15 minute in die pan tot die spekrepies lekker gaar is. Draai die aspersies gereeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.