Soorte resepte:

Resep: Kerriebeesvleis-gereg met groente

Kerriebeesvleis-gereg met groente (Foto: Lapa-uitgewers)

Lekker huiskos!
Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 stuk gemmer (± 1,5 tot 2 cm stuk)
  • 2 ml sout
  • 2 ml fyn koljander
  • 2 ml fyn komyn
  • 10 ml olie
  • 2 uie, in skywe gesny
  • 600 g stowebeesvleis, in blokkies gesny
  • 3 ml kerriepoeier
  • 10 ml sout
  • 1-2 ryp tamaties, ongeskil, in blokkies gesny
  • 1 ml brandrissiepoeier
  • 750 ml water
  • 2 wortels, gekap
  • 2 aartappels, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C. Kneus die eerste vyf bestanddele saam in ’n vysel. Verhit die olie in ’n vuurvaste kasserolbak en soteer die uie tot ligbruin. Voeg die vleisblokkies by en verbruin die vleis liggies, saam met 10 ml van die gekneusde geurmiddels.
  2. Voeg die res van die gekneusde bestanddele saam met die res van bestanddele by die vleis en meng deeglik deur.
  3. Bedek die kasserolbak en bak ongeveer 1½ uur. Voeg die wortels en aartappels by en bak nog ’n uur of tot die vleis en groente sag is. Geur na smaak.
  4. Sit voor met bruinrys of stampmielies en slaai of gaar groente.

Variasie

  1. Vervang die beesvleis met skaap- of varkstowevleis of hoender of kalkoen.

Bron: Lekker & vinnig: Kerries

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nella ·

Dit lyk heerlik en werd om te probeer. “Ruik” die kerrie sommer àl.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.