Soorte resepte:

Resep: Lamsrol met gedroogde appelkose

Lamsrol met gedroogde appelkose. (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie lamsgereg as ʼn smaaklike Sondagmiddagete.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 75 g gedroogde appelkose, in stukkies gekap
  • 250 ml rooiwyn
  • 1 kg lamsrol, ontbeen
  • ½ groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
  • 5 ml gekneusde knoffel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml olyfolie
  • 1 blik (410 g) Franse uiesop

Metode

  1. Week die appelkoosstukkies in die wyn vir 1 uur.
  2. Dreineer en hou die appelkose en wyn eenkant.
  3. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  4. Rol die lamsrol oop en strooi die appelkoosstukkies en soetrissierepies op die rol.
  5. Rol die lamsrol weer op en bind met tou vas.
  6. Vryf die rol met knoffel en geurmiddels.
  7. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die rol ± 15 minute tot bruin.
  8. Plaas die rol in ʼn oondbak en gooi die sop en rooiwyn oor.
  9. Bedek die oondbak met foelie en bak die rol ± 1 uur (halfgaar) of 1½ uur (goed gaar). Laat dit ʼn rukkie rus nadat dit uit die oond gehaal is.
  10. Sny die lamsrol in skywe en rangskik op ʼn opdienbord. Gooi die sous oor die skywe en sit voor met bruinrys.

Bron: Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet ·

Wat is dit met groente en vrugte in die vleis? Om nie eers van die sop te praat nie.
Drink liewer die wyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.