Soorte resepte:

Resep: Meyer se pepertuna

Meyer se pepertuna (Foto: Dapper Media)

ʼn Heerlike en maklike resep vir enige tyd van die dag.

Bestanddele 

  • 1 k (250 ml) peperkorrels
  • 500 g vars tuna
  • ½ k (120 g) gesoute botter
  • ½ ui, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • ½ k (125 ml) brandewyn
  • sap van een suurlemoen

 Metode

  1. Strooi een koppie peperkorrels op ʼn houtsnybord.
  2. Sny die tuna in skywe en rol dit in die peperkorrels totdat die tuna aan alle kante bedek is.
  3. Smelt die botter in ’n pan en braai die tuna vir ’n paar minute daarin.
  4. Verwyder die tuna uit die pan en laat dit rus.
  5. Gooi die ui, knoffel en olyf olie in die warm pan en braai dit totdat dit ’n bruinerige kleur kry.
  6. Plaas die tuna terug in die pan en voeg die brandewyn. Flambé die tuna.
  7. Verwyder die vis uit die pan en skep die res van die inhoud bo-oor die vis.
  8. Drup die suurlemoensap bo-oor die tuna en geniet dit as ’n peuselhappie.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en buskruit en kyk die volledige episode hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Db ·

Wat my verstand nog altyd tebowe gaan is hoekom daar aanvaar word dat almal rou vis en vleis eet. Kan netsowel daardie vis van die hoek afhaal en ‘n hap vat. So ook vir die rou vleis wat hulle altyd in almal se kele wil afdruk. Hap ‘n stuk uit ‘n bees se boud in die veld, dit is dieselfde as wat hulle op jou bord wil sit.

Esta ·

Almal se smake verskil. Party hou van verkoolde kosse en ander van kosse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.