Soorte resepte:

Resep: Soetsuur varktjops

Soetsuur varktjops. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie varktjops sal jou mond omtrent laat water.

Lewer 4-6 porsies.

Bestanddele

  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 varktjops
  • genoeg Clover Farmstyle-botter

Sous

  • 60 ml soetrissiesous
  • 5 ml witasyn
  • 30 ml mielieblom
  • 60 ml heuning
  • 60 ml Clover Krush-appelsap
  • 60 ml sojasous
  • 1 blik (440 g) pynappelblokkies

Metode        

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste bak.
  2. Vryf sout en peper na smaak aan albei kante van die varktjops.
  3. Smelt genoeg botter in ʼn swaarboompan en braai die varktjops aan beide kante tot hulle net begin verkleur.
  4. Skep die varktjops in ʼn gesmeerde oondvaste bak.
  5. Sous: Roer die soetrissiesous, asyn en mielieblom tot glad en sonder klonte. Voeg die heuning, appelsap, en sojasous by en meng goed.
  6. Voeg al die inhoud van die blik pynappelstukkies by die soetrissiemengsel en giet dit bo-oor die varktjops.
  7. Bedek die bak met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak vir ʼn verdere 15 minute.
  8. Bedien warm saam met slaai.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.