Soorte resepte:

Resep: Spek-en-spinasie-sampioenburger

Spek-en-spinasie-sampioenburger (Foto: The South African Mushroom Association)

Vandag is internasionale burgerdag. Probeer hierdie heerlike burger wat die broodrolletjie met sampioene vervang vir ʼn gesonder alternatief.

Bestanddele

  • 10 portobello-sampioene
  • 250 g spekrepies
  • 300 g babaspinasieblare
  • 2 t botter
  • 200 g fetakaas
  • 40 g roketblare, gesnipper
  • 1 e oreganum, fyn gekap
  • olyfolie
  • seesout
  • varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Stoom die sampioene vir sowat 5 minute en laat afkoel op droograk sodat ekstra vog kan uitloop.
  2. Sny spek op en braai tot krakerig. Voeg botter by en karamelliseer om ʼn diep goue kleur te kry. Geur met peper.
  3. Haal spek uit die pan en kook die spinasie in die spekvet vir ʼn paar minute. Geur met sout en peper en koel effens af.
  4. In ʼn groot mengbak meng spek, spinasie, vars roketblare en oreganum. Krummel fetakaas en meng weer.
  5. Skep groot lepels vol van die mengsel in ʼn sampioene en bedien dadelik.

Bron: The South African Mushroom Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.