Soorte resepte:

Resep-video: Maalvleisgebak in ʼn blikbeker

Maalvleisgebak in ʼn blikbeker. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Maalvleis is altyd ʼn gerieflike opsie omdat dit saam met byna enige iets geëet kan word. Daarom het ons nóg ʼn gereg uitgedink om voorbereiding vir aandete vanaand sommer in ʼn oogwink klaar te kry.

Hierdie resep maak genoeg vir 4 mense.

Bestanddele

  • 500g maalvleis, reeds gaargemaak
  • 1 k kaassous
  • 1 pak Frito-skyfies, geur van jou keuse
  • 1 k mozzarella en cheddar, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit die blikbekers met kleefwerende kossproei.
  3. Gooi ʼn handvol van die Frito’s in elke blikbeker.
  4. Skep dan bo op die Frito’s ʼn lekker dik laag maalvleis en bedek met ʼn bietjie kaassous.
  5. Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor en plaas dit in die oond vir sowat 5 minute of totdat die kaas gesmelt het.
  6. Laat dit eers ʼn bietjie afkoel voordat jy dit voorsit saam met ʼn vars slaai.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.