Soorte resepte:

Resep: Vis-en-aartappelslaai

Vis-en-aartappelslaai (Foto: Lapa Uitgewers)

Sit hierdie veselryke slaai voor as middagete of op ʼn warm somersaand.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 8-10 (± 450 g) jong aartappels
  • 100 g gemengde slaaiblare, in kleiner stukkies geskeur
  • ±230 g avokado, in skyfies gesny (160 g sonder pit en skil)
  • 12 (100 g) kersietamaties, gehalveer
  • 217 g-blik John West- pienk salm, gevlok, of 200 g gerookte salm in repies gesny
  • ½ (50 g) middelslag-ui, geskil en in dun skyfies gesny
  • 30 g pekanneute, heel of gekap
  • 75-100 ml lae-olie Franse slaaisous
  • gekapte vars vinkel- en/of vars pietersielie

Metode

  1. Skrop die ongeskilde aartappels skoon en halveer elkeen. Bedek dit met koue water en verhit tot kookpunt. Prut die aartappels vir 10 tot 15 minute tot net gaar. Dreineer en laat afkoel.
  2. Plaas die slaaiblare in ʼn slaaibak. Versprei die koue gaar aartappels, avokado, tamaties, salm, ui en pekanneute oor die slaaiblare. Giet net genoeg van die slaaisous oor om die slaai klam te maak. Strooi gekapte vinkel en/of pietersielie oor en verkoel voor bediening.

Variasies:

  • Vervang die salm met tuna of koue gaar vis van jou keuse.
  • Vervang die salm met gaar hoender of maer biltongrepies.
  • Vervang dan die Franse slaaisous met lae-olie mayonnaise of meng gelyke dele heuning, ongegeurde laevet jogurt en vars suurlemoensap en drup dit oor die slaai.

Bron: Lekker & gesond: Veselryk
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.