Soorte resepte:

Resep: Viskoekies

Viskoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Die hele gesin sal hierdie versnapering geniet.

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • 3 middelslag-aartappels, vir kapokaartappels
  • 30 ml botter
  • 2,5 ml sout
  • 1 blik pienk salm, gedreineer (220 g-blik)
  • 30 ml mayonnaise
  • 30 ml gesnipperde grasui
  • 30 ml gesnipperde pietersielie
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ± 30 ml koekmeel
  • 20 ml melk
  • 125 ml droë broodkrummels
  • olie vir braai

Kapokaartappels

  • 3 middelslag-aartappel, geskil en in blokkies gesny
  • 15 ml sout
  • water
  • 15 ml botter
  • 15 ml louwarm melk
  • sout en peper na smaak

Metode

Kapokaartappels

  1. Kook die aartappels sag in sout en water. Gooi die water versigtig af en sit die aartappels weer op die warm plaat. Stel die hitte laer en laat die aartappels ʼn minuut lank droog kook.
  2. Druk die aartappels met ʼn aartappelfynmaker fyn en roer die botter en warm melk by. Geur met sout en peper.

Viskoekies

  1. Maak kapokaartappels en roer die botter en sout by.
  2. Haal die vel van die salm of, haal die grate uit en vlok die vis.
  3. Meng die aartappels, salm, mayonnaise, grasuie, pietersielie, een eier, sout en swartpeper liggies saam.
  4. Druk jou hande in die meel en vorm 8 koekies van die vismengsel. Laat dit ten minste 30 minute in die yskas staan sodat dit nie uitmekaarval wanneer dit gebraai word nie.
  5. Klits die melk en die ander eier goed saam. Gooi die broodkrummels in ʼn vlak bakkie of bord. Rol elke viskoekie versigtig in die eiermengsel en dan in die broodkrummels.
  6. Maak ʼn klein bietjie olie in ʼn braaipan warm en braai die koekies tot goudbruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.

Bron: Nie vir ma’s nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spekkies ·

Resep se 3 middelslag aartappels. By Kapokaartappel metode se hulle sny 1 in blokkies en kook sag. Daar word nerens genoem waar die ander 2 aartappels gebruik word nie. Miskien net ‘n fout erens by bestandele of metode. Vra maar net.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Spekkies

Baie dankie dat jy gevra het. Ons het twee resepte hier gekombineer, een vir die maak van kapokaartappels en die ander vir viskoekies, en vandaar die verwarring.
Die resep is nou hersien en ons hoop dit verskaf nou meer duidelikheid oor hoe om die resep te maak.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.