Soorte resepte:

Resep: Visvingertert

Visvingertert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Visvingers was nog nooit so lekker nie! En boonop sal oud en jonk hiervan hou.
Lewer sowat 6 porsies

Bestanddele

  • 1 blikkie tamatie-en-uiesmoor
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 250 ml room
  • Sout na smaak
  • Peper na smaak
  • 1 e Italiaanse kruie
  • 1 groot pak visvingers
  • 1½ k gerasperde kaas

Metode

  1. Verhit tamatie-en-uiesmoor en laat dit vir ʼn paar minute prut.
  2. Voeg sout, peper en Italiaanse kruie by.
  3. Voeg soppoeier en room by en roer goed.
  4. Pak ʼn laag visvingers onder in ʼn oondbak, giet die helfte van die tamatiemengsel daaroor en versprei dit met die agterkant van ʼn lepel of ʼn mes sodat dit die hele visvingerlaag bedek. Sprinkel die helfte van die kaas oor.
  5. Pak nou ʼn tweede laag visvingers, giet weer tamatiemengsel oor en rond af met kaas bo-op.
  6. Bak vir 50 minute teen 180°C.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellie ·

Dankie vir die heerlike resep. Ek neem aan die visvingers is nog gevries? Of moet ek dit eers gaar maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.