Soorte resepte:

Resep: Weskussnoek

Weskussnoek. (Foto: Lapa Uitgewers)

Verbeel jouself jy is nog by die see wanneer jy dié Weskussnoek voorberei.

Lewer 10 porsies.

Bestanddele

  • 1 groot snoek (± 2 kg), ontdooi indien gevries
  • 75 ml sonneblomolie (of kanola-/olyfolie)
  • 50 ml asyn of suurlemoensap
  • 10 ml sout
  • 4-5 knoffelhuisies, gekap (30 ml)
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 30 ml lae-olie-mayonnaise (Crosse & Blackwell Trim is glutenvry)
  • 15 ml worcestersous
  • 2,5 ml varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Kry die vuur aan die gang om die snoek op warm kole te kan braai.
  2. Vlek die snoek, spoel af met water en druk droog. Plaas dit op ʼn toeknyprooster.
  3. Verhit die bestanddele vir die sous oor lae hitte of mikrogolf dit in ʼn glasbakkie op hoog vir 2 minute.
  4. Braai die snoek vir 10 tot 15 minute aan elke kant tot gaar. Smeer gereeld van die sous oor terwyl dit gebraai word. Die snoek droog uit indien dit te lank gebraai word.
  5. Bedien dit met patats in die skil en ʼn groenslaai of slaaiblare, komkommerskyfies, papaja- en pynappelblokkies, aarbeie en fetakaas.

Bron: Glutenvry
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Botter gee beter geure as olie. Appelkooskonfyt, mayonnaise en worcestershiresous het geen plek in snoekbraai nie. Al die ander bestanddele is perfek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.