Soorte resepte:

Resep: Winterkerriepot

Winterkerriepot (Foto: The Harvest Table)

Hierdie eenvoudige gereg is selfs lekkerder die volgende dag!

Bestanddele

  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 1 e Harvest Table- borrie
  • 2 e kerriepoeier
  • 4 hoenderborsies, in blokkies gesny of 2 koppies botterskorsie en patat vir vegetariese opsie
  • 5 gekapte tamaties
  • 2 e tamatiepasta
  • 15 ml bruin of kokosneutsuiker
  • 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 2 wortels, opgesny
  • 4 e Harvest Table- aftreksel
  • 500 ml water

Metode

  • Verhit die olie in ʼn swaarboompan en voeg die uie, borrie en kerriepoeier by die olie. Braai tot die uie bruin word.
  • Voeg die hoender (of bestanddele vir vegetariese opsie) by en braai liggies saam met die uiemengsel vir 5 minute.
  • Voeg gekapte tamaties, tamatiepasta en suiker by en roer tot goed gemeng.
  • Voeg die aartappels, wortels, water en aftreksel by.
  • Meng al die bestanddele goed en laat prut tot die groente gaar is en die vloeistof verdik het tot ʼn sous. Dit sal ongeveer 10 minute neem.

Bron: The Harvest Table

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elmarie ·

Hoe SMAG my siel nie na kerrie. En rissiegeregte… Maar kry chemo en mag nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.