Soorte resepte:

Steek solank die vuur aan! Wenke vir ʼn lekker braai

(Foto: Verskaf/BIC)

Suid-Afrikaners is gaande oor ʼn lekker braai, en hierdie somer is die fokus op kleiner byeenkomste en om mense tuis te onthaal. Dit beteken egter nie die bymekaarkomste kan nie nét so onvergeetlik soos voorheen wees nie.

Sjef Benny Masekwameng van die televisieprogram Ultimate Braai Master sê kleiner groepe is makliker om te bestuur en dit maak dit ook makliker om aan almal se dieet-voorkeure te voorsien.

“Somer is braaityd in Suid-Afrika. Dit is ʼn tyd wanneer families saamkom rondom ʼn groot vuur, waar hulle eet, lag, stories vertel en pret het,” sê hy.

Sjef Benny stel voor dat jy vanjaar jou braaispyskaart lig, eenvoudig en gesond hou deur ʼn verskeidenheid van vars en rou bykos voor te sit soos koue, ongekookte slaai met verskeie teksture soos souse, smoor en proteïen met verskeie geure.

“My advies vir die beste braai is om aandag aan jou vuur te gee. Om die prefekte temperatuur kole te kry, deel ek die kole op sodat een kant van die braai witwarm is om iets vinnig te verbruin en die ander kant minder warm vir kos gaarmaak.”

“Nog ʼn nuttige wenk is om jou braaivleis ʼn uur of twee voor die braai reeds uit die yskas te haal. Wanneer dit teen kamertemperatuur is raak dit vinniger gaar.”

Sjef Benny Masekwameng (Foto: Verskaf/ BIC)

Sjef Bennie stel ook voor dat jy in grootmaat koop vir die feesseisoen, om sodoende ʼn paar rand te spaar.

“Ek koop altyd my vleis in grootmaat. Dit is heerlik as jy self porsies wil skep en jy kan die res vries, eerder as om elke keer winkel toe te moet gaan.”

In sy opinie is goedkoper vleis soos dikrib (chuck) dikwels nét so lekker of lekkerder as duurder vleissnitte soos kruisskyf (rump) en riboog. “Dikrib is die beste soort vleis. Jy kan dit op die rooster gooi of in die oond gaarmaak – en dit werk vir enige geleentheid.”

Sjef Benny meen ook ʼn ligte maaltyd, soos individuele porsies sosaties, sal beslis altyd ʼn wenner bly in Suid-Afrika se warm somer.

Maak die sosaties met seekos, wors, hoender en groente vir ʼn vinnige gereg waarvan almal sal hou. Dit sal ook bydra tot verskillende teksture en geure by jou braai en sal tydens opdiening mooi vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.