Soorte resepte:

Wen: Fijnwyn-fees skop jaar met vonkelwyn af

(Foto verskaf deur Fijnwyn-fees)

Fijnwyn, die uiters gewilde wyn-en-kosfees wat jaarliks deur Shokran Events Venue in Pretoria aangebied word, skop af op ʼn sprankelende noot met Fijnwyn Bubbles wat op 21 en 23 Maart plaasvind.

Sowat 25 wynplase staan gereed om uitsoekvonkelwyne aan feesgangers bekend te stel. Dit sluit onder meer De Krans, Corks & Bubbles, Middelvlei, Neethlingshof, Stellenrust, Thelema, Van Loveren, Villiera en Vrede & Lust in.

Fijnwyn is in 2014 die eerste keer aangebied en het sedertdien vir talle wynliefhebbers en gesinne ʼn hoogtepunt op hul jaarlikse sosiale kalender geword.

In egte Fijnwyn-styl sal daar hierdie keer weer ʼn verskeidenheid wyne wees wat feesgangers kan proe en koop. Hoewel die fokus op vonkelwyn is, sal daar ook rooi, wit en rosé wyne op die dag geproe kan word.

Uitstallers staan ook gereed met allerlei versnaperings en kos waaraan feesgangers tussendeur kan smul. Boonop kan wynliefhebbers en gesinne dit alles binne ʼn veilige buitelugomgewing ervaar waar oud en jonk kan uitspan.

Voorafbestellings word geneem vir smulbokse, wat uit ʼn verskeidenheid van kaas, geprosesseerde vleis, vars brood, smere, vrugte en beskuitjies bestaan. Dit sluit ook ʼn bottel Spier Secrets-vonkelwyn in.

Besoek Fijnwyn se webwerf om meer oor die wynplase, kosmark, bestellings vir smulbokse, en kaartjieverkope te wete te kom. Rig enige navrae aan Charmaine Lourens by [email protected] of bel haar by 082 335 5659.

Wen

Vyf lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na Fijnwyn Bubbles se geleentheid op Donderdag 21 Maart wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 14 Maart om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Donderdag 14 Maart om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Lesers wat in die afgelope drie maande ʼn kompetisie op Maroela Media gewen het, sal nie dadelik weer in aanmerking geneem word om die betrokke kompetisie te wen nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit sleg toegang na die wynfees in. Wenners is self vir ander uitgawes tydens die fees verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.