Europese hoenderstorters se tande getrek

Foto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) het ná ʼn ondersoek bevind dat Duitsland, Nederland en die Verenigde Koninkryk voortgegaan het om sekere hoendersnitte in Suid-Afrika te stort.

Hierdie praktyk behels dat ontwikkelende lande sekere hoendersnitte, soos die dele rondom die bene wat nie daar verbruik word nie, teen belaglik lae pryse in ontwikkelende lande stort om daarvan ontslae te raak. Dit het ʼn geweldige negatiewe uitwerking op plaaslike hoenderbedrywe.

Die ITAC het derhalwe beveel dat die huidige teenstortingbelasting, wat op hierdie lande van toepassing was, heringestel word.

Hierdie uitspraak volg op ʼn aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) vir die herinstelling van teenstortingbelasting, wat die eerste keer in 2015 ingestel is en in 2020 sou verstryk.

Die bestaande teenstortingbelasting op hierdie lande sal vir nog vyf jaar van krag wees. Dit beloop 30,09% vir die Verenigde Koninkryk, 22,81% vir Nederland en 73,33% vir Duitsland.

Hierdie belasting is van toepassing op alle produsente in dié drie lande, behalwe drie produsente in die Verenigde Koninkryk en een in Nederland, omdat die ondersoek getoon het dat hulle onwaarskynlik met storting sou voortgaan.

Indien die teenstortingbelasting opgeskort sou word, sou dit volgens bevinding reuseskade aan die plaaslike pluimveebedryf aangerig het.

“Ons is verheug dat ITAC ons aansoek om ʼn voortsetting van hierdie teenstortingbelasting goedgekeur het, want dit sal ekonomiese groei en werkskepping vir Suid-Afrikaners bevorder,” sê Izaak Breitenbach, hoof van die braaikuikenafdeling by die SAPV.

“Hernieude storting sal inderwaarheid rampspoedig vir die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf wees. Dit sal lei tot stadiger transformasie en verliese aan werkgeleenthede, asook verliese aan inkomste, winste en markaandeel vir ʼn bedryf wat reeds onder groot druk is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis jammer hulle wil nie begin skaapvleis “stort” nie. Op watter planeet is R190/kg vir ‘n ou skaaptjoppie ‘n goeie prys? Ek betaal R170 vir Ribeye Steak, nou wil hulle tjops vir duurder verkoop. Nee wat, dan eet ek maar elke aand soos ‘n koning EN spaar geld.

Elinette ·

Eeljas, jy bly in die verkeerde dorp. By ons het Spar nou A-graad lam vir R118.99/kg.

Francois Le Cochon ·

Elinette, Vaaldonkie verwys na tjops, nie lam nie. My Spar vra ook so net onder die R120 vir lam, maar R250 vir loin tjops.

VaalDonkie ·

Ja, dit gaan oor ‘n tjoppie vir die kole. Nogal met ‘n been aan. T-been steaks is maar R130/kg en dis basies mos ‘n bees-tjop. Ek kannie so baie betaal vir skaap nie. Dis baie lekker vleis en als, maar dis nie haalbaar nie. Ek dink ek het een maal in die hele Augustus skaap gehad. En dit was ‘n boud wat ek Sondag in die oond gemaak het.

Elinette ·

Liewenland, as jy skaapboud kan bekostig, dan het jy genoeg geld, ou mater! Haal dan maar uit vir jou “ribeye” en tjops. Ek kan LAAAAAANKAL nie meer skaap of lamsvleis bekostig nie en “doen” nou maar met hoender, kook-beesvleis, wors en maalvleis.

VaalDonkie ·

Pakke vleis maak nie die tjops goedkoper nie. Dit maak net die goedkoop vleis duurder. Jy betaal gemiddeld R120/kg, maar dit beteken ook jy betaal R120/kg vir daai stukkies wat normaalweg R90 sou wees. Jy “score” nie as jy ‘n pak koop nie.

Adelaide ·

Wel, gelukkig smul ons nog lekker aan ingevoerde Brasiliaanse hoender. Goed vir my sak en goed vir my maag.

piet ·

Ek het eenkeer ‘n groot pak Brasiliaanse hoenderlewertjies vir spotgoedkoop gekoop. Uitstekende gehalte.

Francois Le Cochon ·

En goedkoop en lekker spare ribs uit Frankryk.

piet ·

Ja, so lank die verbruiker net hemelhoe pryse moet betaal ne. Dis uiters jammer mens kan nie plaaslike vleis meer bekostig nie. Hef die belasting op sodat ons goedkoper oorsese vleis eet!!!

Francois Le Cochon ·

Netso piet. Invoer tariewe op kos maak dat ons kos baie duur is. Dit is om voedselprodusente in SA te beskerm, aangesien voedselprodusente nie meer lonend kan boer nie. Die verbruiker staan dus pa vir nie lonende boerderye.

piet ·

Hierdie verskoninkie van werksverliese is twak. As jy nie internasionaal mededingend kan boer nie los dit. As ek my eie onderneming het en ek maak nie geld nie, wat doen ek, ek los dit en doen iets anders wat wel geld inbring.

Francois Le Cochon ·

Doodreg. ‘n Boer met ‘n R20miljoen plaas, Cruizers en Mercedese, strandhuis en oorseese vakansies, vra staatshulp en kos pakkies as dit nie reen nie.

groenboer ·

Die probleem is Europese boere kry dikwels massale subsidies van hul regerings. Ons s’n nie, en die speelveld is dus nie gelyk nie.

piet ·

So wat het dit met my, die verbruiker, te doen? Ek wil die beste produk teen die goedkoopste prys he. Soos enige ander bedryf, moet jy ook lewensvatbaar kan boer. Indien nie, los dit. Ek as verbruiker voel vere waar die produk vandaan kom, as die gehalte reg is, is ek gelukkig. As dit beteken dat ons goedkoper kos kan invoer en minder produserende boere het so be it. Tough luck vir die boere, doen iets anders OF LAAT SAK JULLE PRYSE.

Elinette ·

Die “plaaslike pluimveebedryf” kan gerus na hul pryse kyk en sommer ook die kwaliteit van die produk wat hul lewer. Dikwels dink jy jy loop ‘n goedkoop stukkie hoender (2kg sakke) raak, maar as jy mooi kyk, sal jy sien die produk is in 15% “brine” oplossing ge-IQF. Ek eet eerder “gestorte” hoenderdytjies wat uit die VK en Europa kom as om deur die nek te betaal vir “plaaslike” hoender wat jy wurg-wurg moet afsluk as jy aan die prys dink.

piet ·

Presies, verkoop dan dieselfde snitte teen dieselfde prys as wat dit ingevoer kan word, dan koop ons met graagte Suid-Afrikaans maar nee daar moet mos ge-“pocket” word ten koste van die verbruiker.

piet ·

Ek wonder net wat maak hierdie plaaslike bedryf so spesiaal. Verbruikers moet nou opdok sodat die hoenderboere (en die hele daaropvolgende voedselketting) steeds hul sakke kan volstop en werkers hul werk behou. Watter ander bedryf werk so? As ‘n maatskappy dienste lewer en dit kan nie meer lewensvatbaar die dienste verskaf nie, ontbind die maatskappy en verloor die personeel hul werk.

piet ·

Ek het iewers gelees dat in die ontwikkelde lande soos die VSA die hoenderborsies die prime/elite snit is en dit kos ook die duurste. In SA werk dit net mooi andersom. Nou kan ons die ander snitte wat die oorsese lande nie eintlik wil he nie (maar waarvan ons hier baie hou) goedkoper kry van oorsee, maar nee.

Anel ·

Wat wil hulle dan nou nog transformeer? Verder, dit wat ons betaal is nie wat die boere kry nie. Die tussenganger en die winkels maak die grootste wins. Kyk maar na melk, ek dink ‘n boer kry onder R 5.00 vir ‘n litter. Kom ons sê argumentsonthalwe R 10.00 vir 2 l. Mens betaal deesdae tot R36. 00 vir 2 l. As ek vars mel direk by die boer kon koop, sou ek nie omgee om dit vir HOM te betaal nie. Almal probeer ryk word uit die boere wat met alles moet sukkel, van veldbrande, opsetlik, droogte tot plaasmoorde. So, dink 2 keer voor ons oor pryse kla. As jy kan, koop direk van boer. Beter gehalte en goedkoper. Wat is nou lekkerder as ‘n vet plaashoender!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.