Jong boere dringend benodig

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Wat is die toekoms van die Suid-Afrikaanse landboubedryf sonder sy boere?

TLU SA het Dinsdag gesê Suid-Afrika het nou meer as ooit jong boere broodnodig vir vooruitgang.

Volgens die organisasie kan die landboubedryf nie sonder jong boere bestaan nie en het die bedryf reeds die afgelope paar jaar gegroei danksy die deursettingsvermoë van hierdie boere.

Kommer is onlangs uitgespreek ná afloop van ’n studie wat bevind het dat die jonger boere – wat tans tussen 30 en 45 jaar oud is – meer waarskynlike kandidate is om binne die volgende tien jaar uit die landboubedryf te tree.

Uit die navorsing blyk dit dat sowat 20% (’n vyfde) van die land se produsente beplan om die mark binne die volgende dekade te verlaat. Diegene wat die mark behoort te verlaat weens ouderdom of armoede en dit nié doen nie, blyk egter ’n groter kwessie te wees.

Die navorsing het verder aan die lig gebring dat faktore soos finansiële probleme, ’n gebrek aan betroubare arbeid, onsekerheid aangaande die grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid die besluit om uit te tree dryf.

Gemeenskap van boere

Volgens Henna du Plessis, voorsitter van TLU SA se Jongboer-komitee, is dit tans nodig vir alle jong boere om deel te wees van ’n organisasie soos TLU SA om gemeenskaplike probleme in die bedryf aan te pak.

“In die huidige omstandighede kan ons nie anders nie as om deel van georganiseerde landbou te wees. Die uitdagings is net te veel. As dit moeilik raak, is dit nog belangriker as ooit om koppe bymekaar te sit en te weet jy is nie alleen op ’n eiland van jou eie nie,” sê Du Plessis.

TLU SA se Jongboer-konferensie vind op 10 Junie by die Voortrekkermonument plaas. Sprekers sluit in Jacob van der Westhuizen (Diversifikasie), Dawie Brits (2021- Jongboer van die Jaar) en die finansiële kenners, Johan Kotze en Kobus Oberholster.

“Ek glo ons gaan wegstap van die konferensie nadat ons lekker gepraat het oor gemeenskaplike uitdagings. Die sprekers sal ons motiveer. En ons gaan weet dat die jongboer ons land uit die huidige moeilikheid sal kry.

“Dit is al manier om te weet waar jy staan as boer. Die moontlikheid van opbouende terugvoer, wat partykeer as negatiewe terugvoer beskou kan word, skrik sommiges af om in te skryf, maar dit is baie belangrik om presies te boer in die huidige omstandighede. As jy iets beters kan doen, is dit nodig en belangrik om dit te weet.”

Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het begin en inskrywings word van al die streke afgewag. Elke streek moet self drie finaliste aanwys.

Gedurende die week van 11 Julie sal die finaliste op hul plase besoek word waarna die wenners op 7 September bekendgemaak word.

“Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is dít vir ons ’n baie belangrike kompetisie.”

TLU SA moedig jong boere aan om sy of haar streekbestuurder of -voorsitter te nader om vir die kompetisie in te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Is hartseer, maar nie in die land nie. N boer se lewe is nie veel hier nie. (EK sou graag wou boer)

Vossie ·

Wat betaal die boere ‘n plaas bestuurder? En hoeveel wins maak hulle eintlik? Moenie fout maak nie daar is goeie boere maar geldsug is baie lewend onder die boere.

Andries ·

van wanneer af is die noodsaaklike strewe na winsgewendheid geldsug? Of hoe verstaan ek jou?

Witbaard ·

Weet persoonlik van n hele paar Landbouskool studente wat nou in die buiteland boer. Ons land se boere is teikens vir geweld.

SjN ·

met die kaders se negatiewe denkwyse en uitlatings is dit nie n maklike besluit vir jongboere nie.

Shakespeare ·

Die kaders het nie net een ding verwoes nie maar alles, vanaf 1994 toe ons land nog n vooruitstrewende, wêreld land was. Die hartseer is dat die stemvee oorweldigend stem vir chaos partye. Dit ongelukkig, sal NOOIT verander nie.

Nommer 7 ·

Enkel boere kan nie meer winsgewend boer nie, hulle raak al meer plaasbestuurders van maatskappye. Jare gelede was daar 33,000 melkboere, nou net sowat 3,000. Hierdie 3,000 produseer meer melk as die vorige 33,000 saam.

Danie ·

Watter jong boere praat julle van. Die ou wat met n paar hoenders boer of die vrou wat n tamatie boer is waar daar meer onkruid as tamaties of die varkboer wat se varke hul eie kleintjies opvreet. Ek weet nie van een suksesvolle jong nie blanke boer in hierdie land nie en as daar is dan sal seer sekerlik een van hulle die kompetisie wen omdat hy n swart boer is. Die blankes wil nie meer boer nie want hy word uitvermoor. Die swarte wat boer se gewasse is so swak want hy het nie die kennis van boerdery nie. Gaan kyk maar vandag na die groentes wat jy koop. jou aartappels se gehalte is swak. As jy daai skil afskil dan kry jy swart kolle in daai aartappels, Jou tamaties is ten duurste en na twee dae vrot en so gaan die lys aan en aan. Neewat seuns gaan boer maar in n ander land hier sal die res van ons wat nog oorbly nog vrek aan die swak gehalte van voedsel.

piet ·

Jy moet bietjie meer lees. daar is baie suksesvolle jong swart boere. Jy maak ook ‘n kamma stelling dat swart mense nie kan boer nie weens ‘n gebrek aan kennis. Daar is geen verskil tussen wit of swart boere nie. As geeneen van die groepe die nodige kennis het nie (nie alle wit boere het voldoende kennis nie) gaan hulle sukkel. Dis ook nie net kennis wat belangrik is nie, jy kan dit sien aan die getal boere wat dit nie maak nie (kennis of te nie). Gaan maar in alle bedrywe so.

annie ·

Toe Afrikaners destyds voorgestel het dat die land verdeel word tussen bevolkingsgroepe het boere kapsie gemaak… Dit is wel so dat jongboere jong gesinne het en sekerlik hul veiligheid hoog ag. Die groot probleem is dat die ANC bly is oor die klemverskuiwing en hoop op grond vir opportunistiese onbekwame en gierige grondgrypers. Die staat waardeer en beskerm nie bestaan strukture nie. Hongersnood en armoede wag.

Mallie ·

Malema se mos hy kry niks van die boere nie, hy kry alles by Checkers. Waar kom die vraag na BOERE nou so skielik vandaan?

Elma ·

Al die jong boere in ons land wat ek kan, gaan werk oorsee. Daar bly hulle lewendig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.