Kyk: Nampo die ene uitvindsels en demonstrasies

Uitstallers by Nampo Oesdag het met entoesiasme en trots hulle produkte en dienste demonstreer, hetsy dit ʼn nuutskepping, of ʼn spogdier was:

Arno Cronjé, president van die Sussex-beestelersgenootskap van Suid-Afrika vertel meer van dié besondere ras wat al meer as 100 jaar in Suid-Afrika is:

 

JP Rossouw van Potchefstroom het die eerste prys in die ope-afdeling in die Omnia Boerepatente-kompetisie gewen met sy byeverwyderingsapparaat, waarmee jy probleembye kan vang en verskuif:

 

Andrew Bingle, takbestuurder van Roto Tank in Richardsbaai, wys hoe werk die stelsel wat reënwater suiwer en in ʼn tenk opvang:

 

Marina van der Merwe, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Miniatuurperd-telersgenootskap, vertel meer van dié ras terwyl die perdjies in die ring geskou word:

 

Sven Hansen van Sunfeed wys hoe sy stelsel groenvoer met behulp van hidroponika produseer. In dié stelsel word die saad van onder andere mielies, koring en hawer ontkiem om spruite te vorm voor dit vir die vee gevoer word:

 

Michris Janse van Rensburg van Backsaver wys hoe werk die meer gebruikersvriendelike draadtrekker wat hy self gebou het. Hy sê teen dag twee was al 200 wat hy saamgebring het, uitverkoop:

 

JP Rossouw van Potchefstroom het ook ʼn spesiale prys in die Omnia Boerepatente-kompetisie gewen met sy byeverwyderingsapparaat wat met ʼn stofsuier werk:

 

Wikus van der Merwe, mede-eienaar van Holmesdale Angus naby Bloemfontein, wys hoe lyk die grootste ras in die wêreld:

 

Doringdraad is steeds ʼn wenner om jou vee op jou plaas te hou. Hierdie ingewikkelde masjien by Cape Gate se standplaas vervaardig 32 rolle van 845 m elk per skof en elke rol het 5 545 dorinkies:

 

Brendon de Villiers, streekverkoopsbestuurder van Stihl in KwaZulu-Natal, wys hoe werk dié nuwe kapskaarploeg waarmee onkruid uitgehaal en ʼn saadbed gemaak word:

 

Petrus Taljaard, Drakensbergers SA-raadslid en eienaar van Talmal-Drakensbergers wys hoe lyk hierdie inheemse ras:

 

Die Nasionale Wolkwekersvereniging wys hoe daar met ʼn tradisionele skaapskêr gewerk word:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.