Kyk: Steelfoto’s van New Holland se 2026-stroper

Die toekomstige New Holland CR-model. (Foto: Verskaf)

Daar heers groot opgewondeheid in New Holland se kringe nadat daar ʼn paar steelfoto’s van sy splinternuwe CR-model beskikbaar gemaak is, waar dit heel moontlik op pad is na ʼn toetsperseel.

“Ek kan nie wag om dit in Suid-Afrika te sien nie,” sê Jaco du Preez, New Holland se bemarkingsbestuurder vir Suider-Afrika. “Daardie rusperbande vooraan lyk veral na besigheid.”

 

New Holland se CR-model het ʼn heeltemal nuwe baadjie aangetrek. (Foto: Verskaf)

 

Hy het vir Maroela Media gesê die tydskaal lyk soos volg:

“Hulle begin nou met die toetse in Europa se koringseisoen en dan sal hulle dit in die Europese en Amerikaanse 2024-mielieseisoen toets. Dit sal gevolg word deur verstellings wat gedoen word sodat dit in 2025 in die groter Europese en Amerikaanse markte vrygestel kan word.

“Hy sal dan in die 2026-seisoen by ons in Suid-Afrika aanland,” sê Du Preez.

 

Suid-Afrikaanse boere sal in 2026 hul hande op hierdie meneer kan lê. (Foto: Verskaf)

 

Kyk: Die CR Relevation is tans die nuutste stroper in die New Holland-stal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris dupreez ·

Kom die Case stropers nie al lankal uit met die rusper bande voor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.