Massiewe veiling van (wyn)tenke en toerusting

(Foto: Van Rensburgs Veilings)

Weens die verskuiwing van Boland Kelder se bedrywighede na die perseel in die Agter-Paarl word die meerderheid van die toerusting en tenke by die kelderperseel te Dal Josafat, Paarl op veiling aangebied. Die grond en geboue volg in ʼn latere stadium.

Die veilingsitems behels ʼn groot aantal tenke, verkoeling, pars en ander toerusting waarvan die toestand en kwaliteit uitstekend is. Die ±100 tenke sluit in groottes wat wissel van 5 000 liter tot 105 000 liter en die meerderheid is van vlekvrye staal gemaak. Daar is ook ʼn groot verskeidenheid van enkel- en kombinasietenke, verkoelingstenke en houertenke.

Die span van Van Rensburgs Veilings hou die veiling in die vorm van ʼn webuitsending, wat die geleentheid stel vir kopers om aanlyn deel te neem asook direk op die perseel te kan bie.

Ons nooi spesifiek alle rolspelers in die wyn-, sap, melk en brandstofbedryf uit om die veiling by te woon.

Belangrikste inligting:

  • Datum: 8 Mei 2024 om 10:00
  • Plek: Aanlyn of op perseel te Drommedarisstraat 4, Charleston Hill, Paarl
  • Afslaers: Daniel van Schalkwyk 083 255 4245 en Louis van Rensburg 083 377 7232
  • Katalogus: vanrensburgsauctions.co.za
  • Vervoernavrae: Christo 083 338 9535

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.