Omvattende landbou-inligtingsgids nou beskikbaar

AGRIFOODSA

Kry vandag nog jou landboubesigheid gekoppel aan Suid-Afrikaners – dit is net ʼn klik van jou muis weg.

AGRIFOODSA bied die mees omvattende landbou-inligtingsgids, markplek-inligting, nuusplatform en aanlyn gemeenskap binne die Suid-Afrikaanse landbou- en sekondêre landbou-nywerhede.

Voel dit soms jy is op soek na die hoender, maar is steeds deur die eier geklits? Moenie verder soek nie, want die antwoorde op al jou navrae oor landbou, landbouprodukte of landbou-tendense is nou op een plek beskikbaar. Dit maak AGRIFOODSA die mees omvattende gids, markgids, nuusplatform en aanlyn gemeenskap vir al die grootste landbouname nasionaal met die bes bewaarde geheime plaaslik wat betref die landbou- en voedselbedrywe in Suid-Afrika.

Vir die gebruiker

Om na ʼn landbou- of voedselverwante verskaffer, produsent of agent te soek kan tydrowend en frustrerend wees, maar ons het dit nou vir jou maklik gemaak om enige vrae wat jy mag hê, te antwoord. Of jy op soek is na die beste veetelers; landbouverenigings, produkverpakking, trekkeronderdele, sonkrag-alternatiewe, spilpuntbesproeiingsmaatskappye, of inligting oor dieregesondheid in Suid-Afrika, of selfs datums vir komende veilings of besonderhede op handelskoue, het ons dit alles by AGRIFOODSA.

Vir die adverteerder

Aan sake-eienaars, agentskappe en organisasies wat in die landbou- en voedselsektore werksaam is, bied ons ‘n opwindende en kostedoeltreffende geleentheid vir aanlyn advertensies. ʼn Verskeidenheid gedrukte en aanlyn advertensieruimte sal plaaslike en wêreldwye blootstelling verseker.

As deel van die AGRIFOODSA-advertensiedienste sal adverteerders die volgende blootstelling geniet:

  • Die enigste landbouverskaffersgids in Suid-Afrika, wat ʼn bedryf van R158,4 miljard bedien.
  • ‘n Glans, B6, tweemaandelikse en tweetalige gids – aangesien die meerderheid boere steeds Afrikaans is.
  • 5 000 tot 15 000 oplaag per uitgawe wat nasionaal versprei word en gratis beskikbaar is by landboukleinhandelmaatskappye.
  • Die gids word digitaal versprei aan 10 350 boere in SA en buurlande via ons tweemaandelikse nuusbrief, en is ook aanlyn beskikbaar of om af te laai.
  • Aanlyn advertensie-oplossings op die grootste landbou- en voedselgids in Suider-Afrika.
  • Voltooi produk- en dienstevoorraad op die AGRIFOOD Marketplace.
  • Toegewyde SEO, Google Ads en sosialemediablootstelling op Facebook, Instagram, LinkedIn, Pinterest en Twitter.
  • Die mees bekostigbare advertensietariewe en pakkette in SA.

AGRIFOODSA is trots om die aanlyn bemarkingsborg vir die Sakeliga KragDag 2022 te wees. As deel van ons voortgesette pogings om die beste landbou- en voedselverwante gids in Suider-Afrika te wees, sal ons weer ons nuwe AGRIFOODSA-webwerf bekendstel vir dié belangrike gebeurtenis.

Vir meer inligting kontak ons gerus by:

  • Sel: +27 (0) 82 563 4428
  • Telefoon: +27 (0) 12 997 3407
  • Faks: +27 (0) 86 542 0704
  • E-posadres: [email protected]
  • Webwerf: http://www.agrifoodsa.info
  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.