Beskerm jou vel teen ontsmettingsmiddels met dié vogroom

Argieffoto (Foto: Milada Vigerova/Pixabay)

Die “nuwe normaal” is dat ons deesdae, en dit maak byna nie saak waarheen jy gaan nie, ontsmettingsmiddels vir jou hande moet gebruik voor jy ʼn winkel, spreekkamer of werksplek betree. Die nadeel hiervan is dat die vel op ons hande hierdeur beskadig word.

Die rede hiervoor is bloot weens die feit dat die hoë alkoholinhoud in ontsmettingsmiddels die natuurlike vog, lipiede en olies van die vel toenemend effektief verwyder. Die resultaat is ʼn droë, gebarste, rooi, jeukerige en geïrriteerde vel wat afskilfer. Sodra dit gebeur, kan die gebruik van ʼn ontsmettingsmiddel ʼn baie onaangename en selfs pynlike ervaring wees.

Gloves In A Bottle is die ideale alles-in-een oplossing om die vel te beskerm en ʼn droë vel te voorkom en jou hande teen die nadelige effek van deurlopende blootstelling aan seep en ontsmettingsmiddels te beskerm.

Hoe werk dit?

Wanneer dit aangewend word, vorm Gloves In A Bottle-room ʼn onsigbare beskermingslagie oor die eksterne oppervlak van die vel. Dit is wetenskaplik ontwerp om nie die vel se porieë te verstop nie en dit laat jou vel toe om normaal asem te haal en te sweet.

Dit is spesifiek só ontwerp dat dit nie kan afwas nie, selfs al gebruik jy ontsmettingsmiddels, vloeistowwe en seep. ʼn Enkele aanwending sal jou vel vir 4 – 12 ure beskerm en voed. Dit sal op ʼn natuurlike manier deur die natuurlike afskilfering van jou vel afkom wat elke minuut van die dag plaasvind. Hou in gedagte dat dié beskermingslagie onsigbaar is en wanneer jy dit aanwend, laat dit jou vel satynagtig en glad voel.

Die onsigbare beskermingslagie wat Gloves In A Bottle bied, het ʼn tweeledige doel:

  1. Dit voorkom dat ontsmettingsmiddels, vloeistowwe en chemikalieë die vel penetreer en die vel se natuurlike vog en olies verwyder.
  2. Dit hou die vel se natuurlike vog en olies binne vir diep bevogtiging deur al die groot sewe lagies van die vel – van binne na buite. Dit is presies hoe ons liggame ontwerp is om te werk sodat jy ʼn gesonde vel in stand kan hou.

Dit maak absoluut sin: As ons kan voorkom dat die vel sy natuurlike vog en olies verloor terwyl ons terselfdertyd dit binne kan hou, word die perfekte platform geskep om ʼn gesonde vel te verseker wat optimaal funksioneer. Dit is presies wat Gloves In A Bottle regkry.

Gloves In A Bottle word internasionaal erken as wêreldleiers in beskermingsvloeistoftegnologie. Gloves In A Bottle word internasionaal aanbeveel en word deur meer as 10 000 dermatoloë en mediese praktisyns gebruik.

Dit is niegiftig, hipoallergenies, nie vetterig nie en sonder enige geurmiddels. Dit is sterk genoeg om in die robuuste nywerheidsomgewing gebruik te word en sag genoeg om op ʼn baba se boudjies gebruik te word om luieruitslag te voorkom.

Deur Gloves In A Bottle slegs twee keer per dag aan te wend, het jy die vryheid en gerusstelling om jou hande so gereeld as moontlik te ontsmet of te was sonder dat jy die nadelige effek daarvan ervaar.

Gloves In A Bottle is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks en uitgesoekte winkels en apteke landswyd.

Besoek www.glovesinabottle.co.za om die produk aanlyn te koop, dermatoloë se resensies te lees of om meer uit te vind oor Gloves In A Bottle en hoe dit jou lewe kan verander.

Droë velsorg en beskerming soos nog nooit tevore nie. Probeer dit – jy sal dol wees daaroor.

Voor en ná gebruik van Gloves In A Bottle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.