Gloves In A Bottle: Hoe werk ʼn beskermingsroom?

Argieffoto (Foto: Milada Vigerova/Pixabay)

Moenie toelaat dat ontsmettingsmiddels of die herhaaldelike was van jou hande jou vel uitdroog nie.

Gloves In A Bottle is, in ʼn neutedop, ʼn alles-in-een beskerming- en droëvelsorgroom wat “die goeie binne hou en die slegte afweer”.

Meer as 10 000 dermatoloë en mediese praktisyns wêreldwyd beveel die gebruik van Gloves In A Bottle aan eerder as ʼn oor-die-toonbank algemene kunsmatige konvensionele bevogtiger.

Die tegnologie wat Gloves In A Bottle (GIAB) gebruik, is heeltemal teenoorgestelde van dié van ʼn kunsmatige konvensionele bevogtiger. Kunsmatige bevogtigers verskaf slegs tydelike verligting omdat die eksterne oppervlak van die vel met kunsmatige vog gevul word. Het jy al gesien dat jy deurgaans al hoe meer kere kunsmatige bevogtiger moet aanwend soos wat jy dit gebruik? As jy jou hande was kort nadat jy ʼn kunsmatige konvensionele bevogtiger gebruik het, word enige voordeel, wat jy dalk sou kry, effektief weggespoel. Dit is nie die geval met Gloves In A Bottle nie.

Gloves In A Bottle werk heeltemal anders. Wanneer dit aangewend word, heg dit aan die buitenste oppervlak van die vel en dit skep ʼn mikroskopiese webagtige beskermingslaag. Dié beskermingslaag kan nie gesien word nie en jy kry twee fundamentele voordele wat belangrik is vir ʼn gesonde en lewenskragtige vel:

  1. Dit voorkom dat irriterende middels, wat vog uitput, die vel penetreer en die natuurlike vog, lipiede en olie van die vel verwyder. Hierdie middels sluit in chemikalieë, seep, oplosmiddels, harpuis, sement, petrochemiesverwante produkte, vuilgoed, ghries, roet, verf, alkohol-gebaseerde skropmiddels, ens.
  2. Dit beskerm die vel se natuurlike vog en olies en bied diep, langdurige bevogtiging deur al sewe groot lae van die vel – van die binnekant af buitentoe. Die menslike liggaam is natuurlik ontwerp om só te werk.

Dit maak heeltemal sin dat, as ons kan voorkom dat die vel sy natuurlike vog, lipiede en olies verloor, terwyl ons dit terselfdertyd beskerm, die ideale platform geskep word om ʼn gesonde vel te handhaaf. Homeostase word bereik. Ons liggame streef deurgaans daarna om dit te bereik om optimaal te funksioneer.

Kunsmatige konvensionele bevogtigers bied geen beskermingslaag nie en enige voordeel wat moontlik behaal word wanneer dié tipe produk gebruik word, gaan verlore wanneer die hande of liggaam gewas word. Gloves In A Bottle, aan die ander kant, was nie af nie en ʼn enkele aanwending hou tussen 4 – 12 ure, selfs al was jy ʼn paar keer met oplosmiddels of seep. Gloves In A Bottle blok nie die vel se porieë nie en die vel haal steeds asem en kan natuurlik sweet.

Die verwante tegnologie en resultate wat behaal word wanneer jy Gloves In A Bottle gebruik is regtig besonders. Dit is noodsaaklik dat jy Gloves In A Bottle aanwend om jou vel te beskerm en te voed wanneer jy ontsmettingsmiddels, huishoudelike oplosmiddels, verf, ens. gebruik. Dit is uiters kostedoeltreffend en ʼn enkele 240 ml-bottel bied meer as 300 aanwendings.

Gloves In A Bottle, die wêreldleier in beskermingsroomtegnologie, is beskikbaar in ʼn 60 ml- en 240 ml-bottel. Dit beskerm jou teen droë, gebarste, rooi, jeukerige, skilferagtige en geïrriteerde vel.

Dit is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks en uitgesoekte apteke landswyd. Lees meer of koop dit aanlyn by www.glovesinabottle.co.za.

Voor en ná gebruik van Gloves In A Bottle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.