Kansa sit stryd teen swak kankerbehandeling voort

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Hoewel Suid-Afrika onlangs Menseregtedag gevier het, word kankerpasiënte se basiese reg op die nodige dienste, behandeling én medikasie tans geskend weens die gebrekkige toestand van die land se staatshospitale.

Daarom het die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), wat as kernnavorser en waghond vir kankerleiers optree, opnuut sy stryd teen dié onreg voortgesit.

Volgens Zodwa Sithole, Kansa se hoof van bewusmaking, kry die organisasie gedurig navrae en klagtes van pasiënte en gesinne wat van openbaregesondheidsdienste vir kankerbehandeling gebruik moet maak.

Benewens lewensreddende toerusting vir radioterapie of skandeerders en X-straalmasjiene wat buite werking is (wat vertragings in diagnose en behandeling veroorsaak) is dit nie ongewoon vir pasiënte om maande lank vir belangrike toetsuitslae of selfs net ʼn eerste ondersoek te wag nie.

’n Pasiënt in haar 30’s het onlangs aan Kansa vertel dat sy tans nie kan loop of regop sit nie omdat sy nie betyds toegang tot bestralingsbehandeling vir ʼn lewensgevaarlike soort kanker by ʼn staatshospitaal kon kry nie.

Pasiënte word ook gereeld met die verkeerde pynmedikasie ontslaan en dikwels nie ingelig oor die korrekte gebruik van ʼn stoma-sakkie nie.

Verder lei ʼn tekort aan gekwalifiseerde personeel, veral radiografiste, by sekere staatsgesondheidsorggeriewe tot die laat diagnose van borskanker by pasiënte.

“As Kansa doen ons ʼn beroep op die departement van gesondheid om dringend in te gryp om betyds na die behoeftes van kankerpasiënte om te sien. Vertragings in behandeling veroorsaak benoudheid vir pasiënte aangesien dit hulle moontlik blootstel aan ontwikkelende komplikasies, verspreiding van kanker of selfs die dood. Gesinne is desperaat om vir hul geliefdes die hulp te kry wat hulle nodig het, en is moeg om te sien hoe hulle ly,” sê Sithole.

“Kansa sal daarom voortgaan om hande met die nasionale en plaaslike gesondheidsdepartemente en mediese instellings te vat om toe te sien dat kankerpasiënte se menseregte handhaaf word.”

Dís hoe Kansa kankerpasiënte bystaan:

  • Kansa kontak plaaslike gesondheidsdepartemente en -instellings namens individuele kankerpasiënte om klagtes of navrae oor vertragings in behandeling, toegang tot medikasie en palliatiewe sorg op te volg. Kansa rapporteer dit ook aan nasionale en plaaslike gesondheidsorgowerhede om hulle bewus te maak van die behoefte om dienste te verbeter.
  • Indien pasiënte ver moet reis vir behandeling, verskaf Kansa se sorghuise vir hul behuising vir die duur van hul behandeling en verskaf maaltye en vervoer na behandelingsfasiliteite. Kansa se “TLC”-behuising huisves ook die ouers of voogde van kinders wat kankerbehandeling ver van die huis af ontvang.
  • ʼn Gratis teleberadingsdiens is ook in sewe tale (Engels, Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Swati, Sotho en Tswana) vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes beskikbaar. ’n Afspraak kan gemaak word by 0800 22 66 22.
  • ‘n Gratis beldiens is ook beskikbaar vir pasiënte wat nie fisiek by ʼn Kansa-sorgsentrum kan uitkom vir ʼn konsultasie rakende stoma-produkte nie. Daarby kry hulle ook die geleentheid om ondersteuning en leiding rakende stoma-bestuur en sorg van ʼn gekwalifiseerde spesialis te ontvang. Bekostigbare stoma-produkte van hoë gehalte is ook deur Kansa beskikbaar.
  • Kansa bied verder ook aanlyn ondersteuningsgroepe en hulpbronne vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes en lig die publiek in hoe om hul kankerrisiko te verlaag.
  • Bekostigbare kankertoetsdienste is ook deur Kansa beskikbaar.
  • As stigterslid van die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Nie-Oordraagbare Siektes veg Kansa ook by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMK) vir kankerleiers wie se menseregte weens swak behandeling geskend word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacobus ·

Jy kan kwalik iets sê sonder sarkasme. Die laaste ding was ons ministers in belangstel is die welstand van burgers. Een gee pasellas weg vir Kuba, ‘n ander sit met angstige hande dorpsname en verander, en die die dept wat verantwoordelik is sien ‘n ikoniese hospitaal ondergaan. Hulle so behep met die vals pandemie – daar moet geld daarin wees – dat daar nie entoesiasme is om die basiese helende dienste te lewer nie.
Hierdie is slegs ‘n paar simptome. Dit is ‘n tragedie om mense wat jy ken sukkel om geholpe te raak. Mr die President en jou kabinet en jou “command council” het die aandag afgelei van ons hagelike toestand. Veragtend!

Anel ·

Dis is so tragies. Nou word daar vere gevoel vir mense wat siek is, baie aan lewensgevaarlike siektes, soos kanker, solank jy net nie die verkoue 19 virus het nie. Nou al so moeg vir al hierdie onnodige leiding van onskuldige mense. Sterkte aan al hierdie pasiënte.

Delia ·

Ek stem. Jaarliks sterf volwassenes en kinders aan HIV, diarree , pneumonie, hart toestande, kanker ens. Oumense het verwese in ouetehuise alleen gesit sonder familie besoeke.
Mense het alleen gesterf. Familie kon nie afskeid neem.
SOLANK JY NET NIE COVID KRY.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.