Regstreekse gesprek: Omikron-paniek – geregverdig of onnodig?

Omikron, die nuwe Covid-19-variant, het die wêreld behoorlik op hol sedert wetenskaplikes verlede week aangekondig het dat verskeie gevalle van dié variant die afgelope weke in Suid-Afrika aangemeld is. Verskeie lande het onmiddellik reisbeperkings na en van Suid-Afrika ingestel en hoewel pres. Cyril Ramaphosa nie Sondag verdere inperkings ingestel het nie, wonder talle Suid-Afrikaners of hul vakansieplanne later die maand in die hek kan duik.

Intussen styg die gevalle skerp op eie bodem en daar heers nog baie onsekerheid oor wat presies die nuwe variant behels, hoe gevaarlik dit is en of dit moontlik bestand kan wees teen bestaande entstowwe.

Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, om antwoorde op dié vrae te kry.

Volg die regstreekse uitsending op Maroela Media se Facebook-blad Donderdag 2 Desember om 14:00. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Maroela Media regstreeks: Omikron-paniek – geregverdig of onnodig?

Omikron, die nuwe Covid-19-variant, het die wêreld behoorlik op hol sedert wetenskaplikes verlede week aangekondig het dat verskeie gevalle van dié variant die afgelope weke in Suid-Afrika aangemeld is. Elaine Krige gesels met Connie Mulder om antwoorde op vrae te kry. Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Thursday, December 2, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wielspore ·

Volgens ons huisdokter, op voorwaarde dat jy die jab gehad het, veroorsaak die Omikron ligte simptome. Die media en sekere lande skep ‘n storm in ‘n koppie oor die nuwe variant.
Beskerm jouself, vat die jab, ontsmet gereeld, vermy groepe mense, drink sink en vitamien D tablette.
Gaan aan met jou lewe, moet nie in die hangkas gaan klim en jou naels af kou, gaan sit buite in die son langs jou swembad (poel) en geniet die natuur, lees ‘n boek.
Hakuna matata!

Dirk Mostert ·

Ek weet reeds van 3 mense met ernstige komplikasies na entings. Een hartomlyning en nog een wat dit ook nodig het maar te oud vir ‘n operasie. Die derde het longkomplikasies.

Baardman ·

Hartomlyning en ander een te oud? Dan is die kanse groot dat dit sonder inenting ook so sou wees, dalk erger.

Moereloosverby ·

Jou huisdokter is 100% reg! Ons hele huisgesin is ingeënt. Was saam met ‘n klompie vriende wat nie is nie (sonder maskers gekuier), wat positief getoets het na ‘n ander byeekoms en nou redelik siek is. Net een van ons het vir twee dae ‘n loopneus gehad. Ek dink dis nou elke man vir homself. As jy vermoed jy het Covid / is siek…isoleer dadelik en tree verantwoordelik op. As die simptome erg raak (of vantevore baie siek met Covid geword het), gaan toets dan. Almal jaag nou die syfers op, vir miskien ‘n sniffels hier, en ‘n hoesie daar. Onthou – daar is gewone verkoues nou volop in die lug agv die reën en temperatuurskommelinge.

Dirk Mostert ·

Volgens die Australiese Hoof Mediese Beampte (Bloomberg-kanaal ‘n paar minute gelede) wil dit voorkom of omicron nie so gevaarlik is nie. Gevalle sover het ligte simptome of is asimptomaties.

Andre ·

Is die erge sterftes dan nie al met die 2012 se olimpiese spele voorspel nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.