Vermy dié kossoorte as jy hoë cholesterol het

(Foto: Pixabay)

Hoë cholesterol is ʼn probleem wat veral in Suid-Afrika aan’t toeneem is, moontlik weens ons hoë inname van rooivleis. Indien hoë cholesterol nie beheer word nie, kan dit vererger en moontlik lei tot ʼn beroerte of hartaanval.

Dr. Bianca van der Westhuizen van die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika sê daar is wel leefstylveranderinge wat ʼn mens kan aanbring om die gevare van cholesterol te voorkom, en jou dieet is ’n groot deel van dié veranderinge.

“Die soorte vet wat ons eet, het ʼn invloed op ons cholesterolvlakke. Versadigde vette, soos wat in rooivleis, diervet en volvet-suiwelprodukte voorkom, is geneig om “slegte” LDL-cholesterolvlakke te verhoog. Ons weet nog nie presies hoe dié meganisme werk nie, maar navorsing toon dat te veel van dié produkte ons cholesterol wel opstoot,” het Van der Westhuizen gesê.

“Eiers bevat byvoorbeeld ses keer meer cholesterol as vetterige rooivleis, maar het slegs ’n geringe invloed op ons bloedvette, so cholesterol in ons kos speel nie so ’n groot rol soos versadigde vette in die kos nie.”

Voedselprodukte wat hoog is in versadigde vette is botter (of enige diervet), kokosneutolie, palmolie en harde blokmargarien. Deur versadigde vette met mono-onversadigde vette (soos avokado’s, amandels, grondbone en olyfolie) te vervang, kan jy jou “goeie” HDL-cholesterol verhoog en die LDL verlaag.

Van der Westhuizen stel voor dat jy meer veselryke kos eet as jy hoë cholesterol het. “Vesel help om cholesterolvlakke te verlaag. Hoëveselprodukte sluit in hawermout, lensies, bone, groente, vrugte en volgraanprodukte.”

’n Goeie riglyn is ook om uit te kyk vir produkte wat die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika se logo bevat.

“Hierdie produkte gaan deur streng toetse om die vlakke te bepaal van versadigde vette, sout, suiker en veselinhoud. Net produkte wat dan as gesond geklassifiseer word, kry hierdie logo op.”

Vir meer inligting, besoek die stigting se webblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gr

Navorsers moet gaan kyk wat word vir diere in voerkrale gevoer dit is waar die kankers en cholestrol vandaan kom die kos wat vir die diere gevoer word. Alles kunsmatige goedere om die diere so gou moontlik so groot as moontlik te kry.

Rerig???

Volgens my is die artikel maar skraps aan inligting. Elke hoeveel maande moet jy jou cholestrol toets? Bevat lewer baie cholestrol?
As jy n regte dieet volg, hoe lank vat cholestrol om te wys op toetse.

B

Korrek Rerig’, niks hierbo is met RCT bewys nie, dis basies wensdenkery en teorieë. Cholesterol word veroorsaak deur inflammasie, wat dalk weer veroorsaak word deur koolhidrate, Omega 6? (Sonneblom ens olies) My goeie cholesterol het toegeneem en my slegte cholesterol afgeneem toe ek vette – inname verhoog het, en koolhidrate en O6 olies uitgesny het, hoe nou?? Nog iets IBD pasiënte word aangeraai om vesel te vermy, agv die growwigheid? Ek stem saam met avo’s ens, maar grondbone? Ja Prof, ons hou ons dalk slim tot jou irritasie, maar ek het die lipids om my stellings te bewys, bv ook… Lees meer »

Linda van Mosselbaai

Ai mens sukkel darem – eet nie avo’s ( weersin & nogal snaaks dat ook op die ‘no no lys is vir bloedgroep O) Amandels nie goed vir ADHD .
So tussen die allergie vir melkprodukte & piesangs wat my slym gee – eet ek maar en ‘suffer’

Andre

Ek stem nie saam met die professor nie. My cholesterol was bo 10 en ek moes iets doen. Deur n hoe vet lae koolidraat dieet te volg, is my cholesterol nou onder 5.

Dit is wanneer jy vet en koolidrate eet wat dit baie ongesond is want dan verbrand jou liggaam die koolidrate en stoor die vet. Maar as jy koolidrate uitsny dan verbrand jou liggaam die vet en verhoog so jou metabolisme.

Ek eet amper elke oggend skaaptjops of bacon en eiers vir ontbyt. Beter as slaaiblare.