Bekostigbaarste hibriede voertuie in SA

ʼn Hibriede motor maak van ʼn petrolenjin én elektriese motors gebruik om ʼn voertuig aan te dryf. Die elektriese motors bied remkrag wat weer daai energie herwin en in die batterye stoor om later weer te gebruik. Dit klink dalk soos toordery, maar sodra mens met ʼn paar hibridiese voertuie gery het, werk die stelsels puik – en dit bied ʼn wesenlike verbetering in brandstofverbruik.

Kom ons kyk na die mees bekostigbare modelle in Suid-Afrika:

 Toyota Corolla Cross 1.8 Hybrid XSToyota Corolla Hatch 1.8 Hybrid XSHonda Fit 1.5 Hybrid e.HEVHaval Jolion HEV 1.5 Hybrid
Krag90 +e kW

142 +e Nm

103 +e kW

142 +e Nm

90 +e kW

253 +e Nm

140 kW/375 Nm
Brandstof-verbruik4,3 ℓ/100 km4 ℓ/100 km3,7 ℓ/100 km5 ℓ/100 km
Lugsakke5766
Waarborg en diensplan3 jaar/100 000 km- voertuigwaarborg

8 jaar/195 000 km- batterywaarborg

6 dienste/90 000 km-diensplan

3 jaar/100 000 km- voertuigwaarborg

8 jaar/195 000 km- batterywaarborg

6 dienste/90 000 km-diensplan

5 jaar/200 000 km- voertuigwaarborg

8 jaar/200 000 km-batterywaarborg

4 jaar/60 000 km- diensplan

5 jaar/100 000 km- voertuigwaarborg

8 jaar/150 000 km- batterywaarborg

5 jaar/60 000 km-diensplan

PrysR486 100R531 200R544 900R549 950

Die Corolla Cross word op eie bodem vervaardig in Toyota se aanleg in Prospecton, Durban. Die Corolla Hatch is ʼn pragtige luikrugmotor met die nuwer groter wiele en sportiewe voorkoms. Die buksie kom baie maklik by Toyota se beweerde brandstofverbruiksyfer van 4 ℓ/100 km uit.

Honda se Fit moes nou ʼn moeilike transformasie ondergaan. Ons is aanvanklik gewoond gemaak aan die Jazz-naamplaatjie – ʼn gunsteling in Suid-Afrika oor die jare – en toe verander die naam na Fit, die naam wat hy in Japan gebruik. Die naamsverandering het gekom in ʼn tyd wat Honda onder vreeslike druk gekom het oor hul voertuigpryse … hulle is nogal duur. Nietemin is die Fit HEV ʼn puik opsie en nie té sleg geprys teen die Corolla nie, al is hy effens kleiner.

Chinese vervaardigers én hibriede motors is dinge waarvoor Suid-Afrikaanse motorkopers nog net ʼn paar jaar terug katvoet geloop het, maar dit begin nou vinnig verander met Haval se Jolion wat uiters gewild is en nou ook in die hibriede weergawe beskikbaar is.

Daar is ʼn groot instroming van Chinese vervaardigers en hul voertuie na die Suid-Afrikaanse mark. Nie net is hul motors baie meer bekostigbaar nie, maar hul gehalte en waarde is ook vinnig aan die toeneem.

Hibriede motors raak, met goeie rede, ook al hoe gewilder in Suid-Afrika. Die land het nog nie die infrastruktuur of die nodige ondersteuning van die regering om ten volle elektriese motors hier te laat werk nie, dus word al hoe meer hibriede motors as intreeweergawes in Suid-Afrika aangebied. Dit kom egter teen ʼn meer bekostigbare prys met die voordeel van brandstofbesparing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.