Daag jouself uit en wen ʼn Toyota Fortuner

ʼn Gelukkige Maroela Media-leser sal een van vier finaliste wees om ʼn 25%-kans te staan om ʼn splinternuwe Toyota Fortuner te wen.

Hiermee nooi ons Maroela Media se fiksste lesers uit om vir die kompetisie in te skryf. Toyota se Fortuner Challenge volg al vir jare dieselfde formaat – daar is vier deelnemers, wat inskryf deur vier mediahuise, en elk van die deelnemers is in ʼn span saam met ʼn sportheld.

Die vier sporthelde in vanjaar se uitdaging is die tydrenjaer Giniel de Villiers, die rugbyspeler Oupa Mohojé, die judoka Geronay Whitebooi en die fietsryer Sam Sanders.

Elke deelnemende mediahuis se finalis sal saam met een van die vier helde in ʼn span wees en die deelnemer in die wenspan ry na ʼn strawwe kompetisie met ʼn nuwe Toyota Fortuner weg.

Elke finalis kry ook ʼn reeks fantastiese pryse, waaronder ʼn Garmin Epix Sapphire Edition-horlosie (ter waarde van R23 000), ʼn Specialized Rockhopper 29-fiets (ter waarde van R11 000), ʼn 26 ℓ-rugsak van Thule Chasm (ter waarde van R3 299) en Salomon-toerusting (ter waarde van R9 650).

Die uiteindelike wenner ry nie net met ʼn nuwe Fortuner met Thule‑rakke en -dakboks (ter waarde van R637 100) weg nie, maar wen ook ʼn Thule Chasm-bagasiestel (ter waarde van R39 895) sowel as ʼn Total-brandstofkaart van R15 000.

Deelnemers moet kan hardloop, fietsry en navigeer en aan watersportsoorte kan deelneem sowel as die vermoë hê om probleme op te los en hindernisse te oorkom. Om in te skryf moet jy ʼn geldige rybewys hê en beskikbaar wees om tussen 13 en 15 November te reis.

Het jy die staal om die Fortuner te wen? Klik hier om in te skryf en vind uit. Inskrywings sluit op 15 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.