Goedkoopste Lexus mooi én hibried

(Foto: Verskaf)

Die bekostigbaarste toegang tot die Lexus-handelsmerk is sy UX kompakte kruismodel.

Lexus, soos die moedermaatskappy Toyota, het van rigting verander om nuwe energie- voertuie (NEV) sy prioriteit te maak.

Dus is die besluit geneem om die UX-reeks slegs met hibriede dryfstelsels aan te bied.

Daar is drie modelle in die reeks: ʼn EX, SE en ʼn F-Sport.

Al drie maak gebruik van Lexus se atmosferiese 2.0 viersilinderpetrolenjin met hibridiese bystand. Die dryfstelsel bied 135 kW en 180+e Nm. Die enjin gaan gepaard met ʼn palwisseltransmissie wat krag na die voorwiele stoot.

Nul tot 100 km/h neem ʼn ratse 8,5 sekondes en die UX sal teen 177 km/h voluit toer. Dit is egter die brandstofverbruik wat teen 4,5ℓ/100 km beïndruk.

Al drie modelle is toegerus met ʼn indrukwekkende agt lugsakke en die volle suite van Lexus se veiligheidstelsels. Dit is egter die toevoeging van die F-Sport weergawe wat ʼn meer sportiewe voorkoms aan die UX-reeks gee.

Die binneruim van die nuwe F-Sport-model is pragtig met al die F-Sport-embleme en sportsitplekke.

Ons sal binnekort ʼn beurt kry om met die UX250h F-Sport te ry en sal dan ʼn meer omvattende resensie plaas.

Die reeks lyk só:

Lexus UX 250h EXR745 100
Lexus UX 250h SER824 000
Lexus UX 250h F-SportR874 800

Die reeks word gedek deur ʼn 7 jaar/105 000 km-waarborg en omvattende instandhoudingsplan.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

R874 800 – en om te dink ek het in 1983 ‘n splinter nuwe Ford Sierra 1600 uit die vertoon kamer uit bestuur vir R10000, en nog met R800 afslag! Oor 10 jaar sal die UX R1 200 000 kos.

SjN ·

Johan, buitensporige pryse vir n voertuig, huidige prys oor 10 jaar bereken teen 6% gaan dit oor die R1,5 m wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.