Kyk: Silverton-aanleg se eerste nuwe Ford Ranger

Die eerste nuwe generasie Ford Ranger

Ford het oor die afgelope 11 jaar altesaam 873 751 Ford Rangers by sy Silverton-aanleg in Suid-Afrika vervaardig.

Meer as 271 000 hiervan is plaaslik verkoop. Die meer as 600 000 Rangers wat uitgevoer is, het hul tuistes in meer as honderd verskillende lande gevind.

Na ʼn allemintige belegging van R15,8 miljard, het die eerste nuwe generasie Ranger uiteindelik die week van die produksielyn afgerol.

Die laaste vorige generasie Ford Ranger

Die Silverton-aanleg, met al sy vernuwings, kan nou ʼn totaal van 200 000 Ford Rangers jaarliks bou. Die toevoeging van ʼn derde skof om produksievolumes te verhoog, skep ’n bykomende 1 200 werksgeleenthede, en sodoende neem Ford Suid-Afrika 5 500 werkers in diens. Wanneer ʼn mens die res van die waardeketting bytel, voeg jy nóg 10 000 poste by.

Ford het reuseteikens wat gehalte en betroubaarheid betref en verskeie stelsels is geïmplementeer om by dié getalle uit te kom.

Die nuwe Ford Ranger word eersdaags in Suid-Afrika bekendgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

vuurvliegie ·

Wel Done.
Amper 1 Miljoen gebou en 600 000 Rangers uitgevoer.
Dis nou syfers wat tel.

Carina ·

Gaan ry een dan praat ons weer. Ons het 4 Ford 2.2 diesels (werks bakkies) en het eers ‘n 2016 XLT 3.2lit gehad maar toe ingeruil op ‘n 2020 Raptor (nuut). Dis die beste bakkie OOIT. Dit ry 100x sagter as enige ander bakkie, gee GEEN probleme nie, met baie luxuries. Jy weet nie eens jy ry ‘n bakkie nie. Menigte manne het al hier aangekom met hul Toyotas, NIssan, VW, ens, tot hulle die Raptor gery het. Daar is geen vergelyke nie.

MakersMark ·

Ek is bly jy vind die voertuie so goed. En as dit vir jou werk dan doen dit. Elkeen het ‘n keuse. Ek bly by my aanmerking – hou verby !

vuurvliegie ·

Werk n bietjie harder makersmark dan kan jy ook een koop

MakersMark ·

Ha ha ook toe nie loue. Wat van ‘n 400+ kw engelse suv ? Opwindend genoeg né ?

Chantel ·

Kan nie wag vir die nuwe Raptor nie, ons is op die lys. Sal nooit weer na ‘n ander bakkie kyk nie!!!

SjN ·

Kompetisie is n goei ding, mededingers sal hul sokkies moet optrek.

Spook ·

Ek is baie tevrede net my 2018 Ranger. Maar, blykbaar gaan Ford nie meer enkelkajuit bakkies in die nuwe reeks hê nie. So, my 2018 enkelkajuit moet nog lank loop.

Hennie ·

Ek neem aan die bakkie dra al die probleme oor van die vorige een, veral die 10 spoed ratkas. Die 3L V6 is dieselfde snert as wat gebruik word in Land Rover Discovery’s. Hou maar verby.

vuurvliegie ·

Hennie dis sleg om so suur deur die lewe te gaan. Geniet jou bakkie wat elke maand “Gediens ” moet word na ure by die handelaar sodat niemand kan sien en jou spot nie. Jy weet van watter bakkie ek praat.

vuurvliegie ·

Jy kan mos sien ek is gelukkig en smile dit hele tyd. Nou behoort jy te weet. Koop een dan sal jy saam kan gesels.

Vonkprop ·

Al hierdie mense wat sê hou verby. Is dit wat julle uit julle bakkies skree vir ander ouens in hulle Fords op die oop pad? Terloops, het nou die dag ‘n nat nuwe Hilux GR Racing op die pad gesien. Ek hoop van harte die bakkie was gebruik vir bemarking, want daar was nie een paneel sonder ‘n plakker wat sê Gazoo Racing nie. En die plakker op die kant van die deure lyk of Toyota dit by ‘n China mall gekoop het. Die nuwe Ford Ranger lyk fantasties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.