Luister: Wiele2Wiele bespreek Lexus en BMW

Die BMW X7. Foto: Verskaf

In vandeesweek se aflewering van Wiele2wiele bespreek Carl Kritzinger en Nicol Louw die kleinste sportnutsvoertuig in Lexus se reeks, asook BMW se nuwe X7.

Padveiligheid is die volgende onderwerp wat in hierdie episode aangepak word. Die twee manne gesels oor die #SaferCarsforAfrica-projek se jongste resultate van drie motors wat onlangs in Duitsland as deel van dié projek getoets is.

Kritzinger en Louw kyk ook na tegnologie en vertel jou meer van ʼn buigbare velling wat dalk net die ideale ding is vir die talle slaggate wat so gereeld op Suid-Afrikaanse paaie voorkom. Hulle vertel jou ook waarna jy kan uitsien in die nuwe CAR tydskrif.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.