Motorbedryf bult sy spiere in Februarie

Argieffoto (Foto: Admiral_Lebioda/Pixabay)

Die motorbedryf is stadig uit die blokke aan die begin van die jaar met fabrieke wat moet heropen en uitvoere wat weer hervat moet word.

Teen Februarie was hulle egter volstoom aan die gang en dit wys ook met die puik verkope wat in die maand behaal is. Daar is 45 352 voertuie plaaslik van die hand gesit, 1 843 meer as verlede maand. Dis ʼn klein verbetering, maar die 9 873 meer uitvoere is ʼn enorme 48%-verbetering op Januarie.

Die topvyf handelsmerke vir plaaslike verkope lyk só:

Toyota11 560
Volkswagen5 288
Suzuki4 309
Nissan3 172
Hyundai2 715

Die topvyf uitvoerders lyk só:

Volkswagen7 778
Mercedes-Benz6 892
Toyota5 353
BMW5 300
Ford3 923

Die topvyf passasiersvoertuie in Suid-Afrika verlede maand is:

Toyota Corolla Cross1 683
Volkswagen Polo Vivo1 513
Suzuki Swift1 367
Toyota Starlet1 311
Chery Tiggo 4 Pro962

Die topvyf ligtehandelsvoertuie lyk só:

Toyota Hilux3 335
Ford Ranger1 806
Isuzu D-Max1 747
Nissan NP2001 292
Mahindra Pik-up844

Noudat Ford se aanleg volstoom aan die gang is en uitvoere van sy nuwe Ranger begin het, sal ons die vervaardiger weer op ʼn gereelde basis in die topvyf sien. Alles bly egter reg loop vir Toyota terwyl daar ook geen einde aan Suzuki se stamina blyk te wees om aan die derde plek vas te klou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.