Motorbedryf: Verkope daal, maar uitvoere straal

Die Polo Vivo

Van Oktober tot November vanjaar het plaaslike motorverkope met net sowat 2% afgeneem, maar verkope is heelwat laer vergeleke met ʼn jaar gelede.

Motorverkope het van Oktober tot November van 46 021 eenhede tot 45 075 afgeneem. Uitvoere het egter met ʼn indrukwekkende 15% toegeneem – ondanks die huidige logistieke uitdagings in die hawens.

Toyota het weereens koning gekraai in November met ʼn totaal van 18 597 voertuie – 11 891 plaaslike verkope en 6 706 uitvoere. Kort op sy hakke was Volkswagen met ʼn totaal van 15 687 voertuie – 10 174 hiervan is uitgevoer en 5 513 is plaaslike verkope.

Mercedes-Benz (9 940), Ford (8 597) en BMW (5 100) was die ander drie top-uitvoerders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet 6 ·

Dit is vir my so ironies hoe daar gelieg kan word.

So ń paar dae terug word daar vertel, vir sensasie doeleindes, dat die maatskappye so vreeslik sukkel as gevolg van die krises by die hawens en as gevolg van beurtkrag . Voertuie kan nie vervaardig word vir uitvoer nie en dat miljarde as gevolg daarvan verloor word, nou het uitvoere skielik met 15% gestyg. Laat mens net dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.