Motorverkope staan sterk

Motorverkope het in 2021 weer geleidelik begin kop optel en bly tot dusver sterk staan.

In Junie vanjaar is altesaam 38 030 voertuie verkoop teenoor die 38 337 in Mei. Verlede maand is 24 482 passasiervoertuie verkoop en 11 208 ligte handelsvoertuie, bakkies en minibusse. Daar is 687 middelslag-handelsvoertuie, tussen 3,5 ton en 8,5 ton, verkoop en 478 swaar handelsvoertuie, tussen 8,5 ton en 16,5 ton.

Toyota het met plaaslike verkope sowel as uitvoere koning gekraai in Junie. Toyota het 9 630 eenhede plaaslik verkoop en 7 497 eenhede uitgevoer.

VervaardigerRSAUitvoer
Toyota9 6307 497
Volkswagen5 5307 188
Ford3 2735 793
Hyundai2 450
Nissan2 120109

Die Nissan Magnite.

Nissan het in Junie vir die eerste keer in ʼn geruime tyd sy spiere gebult. Dit is te danke aan die bekendstelling van sy splinternuwe Magnite. Die drie handelsmerke wat die minste voertuie in Junie verkoop het, is Lamborghini (5), Bentley (5) en Ferrari (6).

Dit is gerusstellend dat die voertuigmark só sterk staan en goed op dreef is om te herstel van die verwoesting wat 2020 gesaai het. Mark Dommisse, voorsitter van die Nasionale Motorvoertuighandelaarsvereniging (Nada), sê dat dit voorwaar indrukwekkend is dat daar ʼn 20,2%-toename is in Junie 2021 teenoor dieselfde maand verlede jaar. Vir die eerste helfte van 2021 is motorverkope 40,1% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar.

Die 20 topverkoper-passasiersmotors in Suid-Afrika in Junie:

VW Polo Vivo1 636
VW Polo1 418
Toyota Starlet1 165
Toyota Fortuner819
Haval Jolion708
Ford EcoSport600
Toyota Urban Cruiser591
Renault Kwid577
Suzuki S-Presso572
Renault Triber551
Nissan Magnite532
Toyota Corolla Quest490
Volkswagen T-Cross465
Hyundai Venue459
Hyundai i20457
Hyundai Grand i10443
VW Polo Sedan433
Volkswagen T-Roc413
Kia Rio384
Kia Picanto366

Die 10 topverkoper-bakkies in Suid-Afrika in Junie:

Toyota Hilux3 320
Ford Ranger2 407
Isuzu D-Max1 304
Nissan NP200987
GWM P-reeks387
Toyota Land Cruiser PU303
Mahindra Scorpio Pik-Up301
Hyundai H100169
GWM Steed163
Kia K2700129

Die gewildste model vir elke vervaardiger is:

AlfaGiulietta en Stelvio
BMWX3
CitroënC3
FerrariSF90 en Roma
Fiat500
FordRanger
HavalJolion
HondaWR-V
HyundaiVenue
IsuzuD-Max
JaguarE-Pace
JeepWrangler
KiaRio
Land RoverDefender
LexusES
MahindraPik Up
MazdaCX-3
MitsubishiPajero Sport
NissanNP200
OpelCrossland
Peugeot2008
RenaultKwid
SubaruForester
SuzukiS-Presso
ToyotaHilux
VolkswagenPolo Vivo
VolvoXC60

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.