Renault se fantastiese Duster

Renault het die perfekte gesinsbuks! Die Renault Duster bied sitplek vir vyf in perfekte gemak en daar is ʼn Duster vir elke smaak.

Die intreemodel spog met ʼn prys van slegs R289 900 en maak gebruik van ʼn kragtige 84 kW-enjin en 5-spoed-handratkas.

Die res van die reeks, die TechRoad, Dynamique en Prestige, spog met Renault se bekroonde 1.5-viersilinderturbodieselenjin.

Die TechRoad-handrat spog met 66 kW en 210 Nm met uitmuntende brandstofverbruik van so laag as 4,9 l/100 km. Die TechRoad-outo spog met 80 kW en 250 Nm gepaard met Renault se puik 6-spoed-dubbelkoppelaar‑ outomatiese ratkas. Hy kan 4,5 l/100 km haal.

Die luuksste Duster is die reeksleidende 1.5 dCi Prestige. Hy spog ook met 80 kW met 250 Nm en 4,5 l/100 km-brandstofverbruik.

Aan die binneruim kan jy luukshede soos ʼn raakskerm met Apple CarPlay, Android Auto, klimaat- en spoedbeheer, vier lugsakke, sluitweerremme met remkragverspreiding, vastrap- en stabiliteitsbeheer verwag.

Vir die avontuurlustige ontdekkingsreisigers is daar ʼn Renault Duster met vierwielaandrywing, navigasie en ʼn allemintige kattebak vir al jou benodighede. Vir die stadsjapie is die hele reeks perfek met puik brandstofverbruik én ʼn lieflike outomatiese ratkas vir die dorpsverkeer. Ongeag jou behoeftes – daar is ʼn perfekte Duster vir jou doeleindes.

Die Duster-reeks lyk só:

Renault Duster 1.6 Expression84 kW/156 Nm7 l/100 kmR289 900
Renault Duster 1.5dCi TechRoad66 kW/210 Nm5,1 l/100 kmR327 900
Renault Duster 1.5dCi Dynamique 4WD80 kW/260 Nm5,2 l/100 kmR361 900
Renault Duster 1.5dCi TechRoad outo80 kW/250 Nm4,8 l/100 kmR366 900
Renault Duster 1.5dCi Prestige80 kW/250 Nm4,8 l/100 kmR374 900

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/150 000 km-waarborg en 3 jaar/45 000 km-diensplan.

Bespreek ʼn toetsrit in ʼn Renault Duster hier en gee ná jou rit ʼn resensie en ontvang ʼn geskenkpakkie by Renault.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Motors

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.