Die splinternuwe motorprogram, Perdekrag, skop vanaand af.
Maroela Media en Dapper Media vat hande saam met Forum Films om die program gratis aan die publiek te bring – in Afrikaans!
Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Maroela se eie motorjoernalis, Brendon Staniforth, is mede-aanbieders van dié opwindende motorprogram propvol adrenalien en pret.
In die eerste episode stamp Brendon en Jeanette dadelik koppe wanneer Ford se Ranger Thunder en Toyota se Hilux Legend teen mekaar te staan kom. Ons ploeter rond op ʼn paar hindernisse en hou ʼn pylvakren met ʼn interessante uitkoms.
Kyk gerus hier na die volle program:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Uitstekend! Baie dankie!
Welgedaan julle, doen so voort!