Video: Nuwe wêreldrekord oor die 500 km/h!

ʼn Hele paar vervaardigers is die afgelope dekade of wat agter die titel van die wêreld se vinnigste motor aan.

Bugatti het eers die rekord gehou met die Veyron teen 408 km/h, toe kom SSC met sy Ultimate Aero en 412 km/h, toe Bugatti weer met die Veyron Super Sport en 431 km/h … toe Koenigsegg met sy Agera teen 447 km/h.

En nou het SSC van Noord-Amerika die rekord vernietig met sy Tuatara teen ʼn verstommende 508,73 km/h.

Oliver Webb het in Nevada, Amerika, op 10 Oktober agter die stuur van die Tuatara ingeskuif op ʼn 11,2 km-stuk van Route 160. Webb het die Tuatara gedruk tot ʼn gemiddelde spoed van 508,73 km/h. Die eerste lopie was 484,53 km/h en die tweede een in die teenoorgestelde rigting teen 532,93 km/h.

Die Tuatara hou nou die rekords vir:

  • “Vinnigste vlieënde myl op ʼn openbare pad” teen 503,92 km/h.
  • “Vinnigste vlieënde kilometer op ʼn openbare pad” teen 517,16 km/h.
  • “Vinnigste topspoed bereik op ʼn openbare pad” teen 532,93 km/h.

Vir die rekords om geldig te wees, moet daar aan die volgende kriteria voldoen word:

  • Dit moet ʼn produksievoertuig wees – identies aan dié wat kliënte kan koop.
  • Dit moet in albei rigtings op presies dieselfde pad gedoen word om wind en gradiënt in ag te neem.
  • Dit moet op ʼn openbare pad bereik word om werklike omstandighede te verseker.
  • Die spoed moet deur ʼn gesertifiseerde GPS-toestel opgeneem word en deur twee wêreldrekordverteenwoordigers op die perseel geverifieer word.
  • Die voertuig moet padbande en gewone brandstof gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.