Volkswagen se eerste wêreldmotor…

Foto: Verskaf

Daar is geen voertuig wat in elke mark op aarde beskikbaar is nie. Baie lande het nou al hul “anderkant-stuur”‑regulasies verander sodat ʼn mens nie meer ʼn voertuig mag invoer wat nie aan “jou” kant van die pad ry nie. Daar is ook ʼn klomp voertuie wat slegs in linkerhandstuur beskikbaar is, en dus nie in die res van die wêreld vrygestel word nie.

Daar is ʼn paar voertuie waarvoor ons Suid-Afrikaners tans wag om presies daai rede… Renault se Oroch dubbelkajuit‑halfton‑bakkie is een van hulle. ʼn Voertuig wat wel nié daai tendens gaan volg nie, is Volkswagen se allernuutste T-Cross.

Foto: Verskaf

Volkswagen gaan die T-Cross in vyf lande vervaardig en hom in al die markte reg oor die wêreld vrystel. As ʼn mens dink – die Amerikaanse mark was 17,2 miljoen voertuie in 2018. Die Chinese mark was 28 miljoen in dieselfde jaar. Dan is Suid-Afrika met ʼn totale mark van ongeveer 500 000 ʼn jaar maar piepklein.

Volkswagen het ʼn geruime tyd terug hul modulêre platform bekendgemaak. Dit is wat hulle noem MQB. Dit is ʼn skaleerbare platform wat verskeie voertuie, groottes en so meer kan huisves. Polo, Golf, T-Cross, Tiguan… de lot is almal op MQB gebou. Die MQB‑platform bring ook saam met hom al die lekkerste tegnologieë en speelgoed soos digitale instrumente, Carplay, veiligheidstelsels soos blindekolwaarskuwing en so meer.

Foto: Verskaf

Vir T-Cross beteken dit ook eenvoudig dat dit soos ʼn Golf voel. Dít is regtigwaar nié ʼn probleem nie. ʼn Golf voel fantasties op die pad, en so ook nou die T-Cross. Ek moet die T-Cross om verskoning vra. Ek’t al die tyd gedink dit gaan regtig net ʼn effe opgepompte Polo wees. Dis nie waar nie. Die kar voel aansienlik ruimer binne as ʼn Polo, al is die kattebak nie reusagtig nie.

Daar is aanvanklik twee modelle beskikbaar, ʼn 1.0 TSI Comfortline DSG en ʼn 1.0 TSI Highline DSG. Die reeks sal in 2020 na vier modelle uitgebrei word: ʼn 1.0 TSI Trendline‑handrat wat die mark onder R300 000 sal betree, en dan die reeksleidende 1.5 TSI R-Line DSG teen R403 500. Die 1.0 TSI‑mouter bied 70 kW en 175 Nm in die Trendline, 85 kW en 200 Nm in die Comfort en Highline en die 1.5 TSI 110 kW en 250 Nm. Die 85 kW‑weergawe kan tot 100 km/h draf in 10.2 sekondes en sal aanhou snol tot 193 km/h. Volkswagen beweer ʼn gemiddelde brandstofverbruiksyfer van 4,9 ℓ/100 km.

Foto: Verskaf

Op die pad toer die T-Cross soos ʼn droom. Die DSG‑ratkas kan na my smaak ʼn bietjie te vinnig ratte oorskakel om die omwentelinge, en dus die brandstofverbruik, laag te hou. Dit is maklik opgelos deur die ratkas in Sport te sit. ʼn Reistog van PE tot in Knysna van ongeveer 300 km het ons T-Cross vir ons 6,9 ℓ/100 km gebied. Nie sleg nie.

Ritgehalte is indrukwekkend goed. Al loop die Highline wat ons gery het op 17”‑bande is hy glad nie stamperig nie. Padhouvermoë is indrukwekkend vir dié tipe tjor. Ek is oortuig dat Volkswagen skeepvragte vol van hulle gaan verkoop… nie nét in Suid-Afrika nie maar reg oor die hele wêreld.

Die reeks lyk só:

Volkswagen T-Cross 1.0 TSI ComfortlineR334 600
Volkswagen T-Cross 1.0 TSI HighlineR365 000

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/120 000 km‑waarborg en 3 jaar/45 000 km‑diensplan.

Mens kan vanaf dié week die 1.5 TSI 110 kW R-Line DSG‑model hier bestel.

Bou hier jou eie T-Cross.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

VW ·

Jammer daar is nie ‘n 70Kw Comfortline . Dit sou die R300k – R335K gaping mooi gevul het.

Lou ·

Dit is regtig ‘n mooi voertuig maar 6.9l/100km vir ‘n 1.0L 3 silinder enjin klink vir my effens swaar. Ford se 1.0L 3 silinder wat in verskeie modelle diens doen is defnitief meer ekonomies in werklike ry toestande.
My Audi Q5 2.0L Diesel Quattro wat ‘n baie groter en swaarder voertuig as die T-Cross is gee 7.88l/100km in gemengde ry toestande soos gemeet oor 12000km. ??

Brendon ·

Dagsê Lou,

Baie dankie vir jou kommentaar. Ford se Ecoboost in the Eco Sport is beslis baie swaarder op brandstof. Ek het tydens ons toets met hom tussen 9 en 11 l/ 100 km gewissel. Ek sal weer berig oor die brandstofverbruik as ons meer tyd met die T-Cross in the daaglikse roetine deurgebring het.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Suinig ·

Klink my ook so effens dors… Renault se Duster (diesel) is vreklig op brandstof – Renualt se Clio (3 silinder) 900cc is vreklig op brandtof….

KrokodilBotha ·

Klein enjins werk goed as jy nie meer as 3 sakke aartappels laai nie. Wringkrag is die antwoord, dis waar diesel inkom. Klein petrol enjins moet hard werk op die oop pad met passasier en bagasie. Brandstof verbruik suifers van vervaardigers is n grap. Mooi tjor verder, en volla kwaliteit.

Vita ·

Hierdie T-Cross van VW is kwaliteit,hy gaan baie verkoop, Ford verkoop nie, die Polo VW die beste verkoper en die T-Cross van baie naby die Polo se verkope wees, die T-Cross van n wenner wees en volgende jaar kom die 110kw wat nog, beter gaan wees ,en ek dink die Trentline gaan bitter baie verkoop want sy prys gaan reg wees vir baie Families , ek self n nuwe R-Line Polo Highline 85kw handrat en hy lig op petrol, daar is nie n voertuig in sy klas wat kom by kwaliteit nie , dit is n mini Golf, Brendon ek sal bly wees as jy jou kometaar wil gee op die nuwe Polo Highline R-Line ek persoonlik dink dit die beste

Vita ·

Ek het ook gedink die 3 silinder gaan swak wees, maar glo my hy trek baie lekker, en hy regtig lig op brandstof op die oop pad in 6 de rat gee hy my so 4.8 tot 5.2 , self teen opdraand trek hy lekker, ek is 100% tevrede met die Polo en met die R-Line lyk hy ook baie mooi

VW ·

Kommentaar op bg:
– ‘n Kollega van my rapporteer dieselfde observasie met sy Ecoboost, kan baie swaar raak
– My 2018 Polo 70Kw l (3 sil) lewer 5l/100Km op die oop pad, en so 6.8-7l/100Km in die stad. (Ek verkies egter my 2016 Polo 1.2 Tsi 66 Kw se kraglewering ‘karakteristiek’ bo die nuwe 70Kw model s’n)
– Ek is ook teleurgesteld in die paneelbord kwaliteit van die T-Roc, dit doen effens afbreek aan die verwagting
– Ek het intussen gesien die 70Kw C/L sal beskikbaar wees Q2/2020

Vita ·

Ek kom nou van VW af, die T-Cross is regtig baie mooi en die binnekant hoog kwsliteit ,dit is dieselfde as die nuwe VW Polo wat bitter goed is,hier voertuig gaan baie goed verkoop, hou hom dop, goed afgewerk goeie waarde vir geld, daar nie 1 ander voertuig maatskapy wat die kwaliteit voertiug bou nie , VW bly die beste

Wielspore ·

Die T Cross is nie in SA bekend gestel om met ander vervaardigers vergelyk te word, hy is hier om die ander vervaardigers se mark oor te neem.

Vita ·

100% reg en hy gaan dit doen, VW motorhandelaar op Uitenhage het 8 gekry en almal verkoop,die T – Cross gaan goed verkoop ,goeie produk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.