Gesonde gesinne: Wat is jou gesin se denkwyse en ingesteldheid?

ouerskap-pleegsorg-ma-pa-en-kind

(Foto: Lela Johnson/Pexels)

Het jy as ouer al gedink wat die ingesteldheid en denkwyses is waarop jy jou hele waardestelsel vir ouerskap baseer?

Lourindi Nel, ʼn kinder- en volwasse berader, meen jou gesin se fondasie kan op vrees of verhouding gegrond wees.

Sy fokus in hierdie episode op vrees as ʼn gesin se fondasie en verduidelik waar dit vandaan kom en hoekom dit dalk nie die beste benadering tot ouerskap is nie.

Lourindi herinner ons dat ons as ouers mag oor ons kinders het, en alhoewel ʼn mens nie jou kind met slegte bedoelings hanteer nie, val ʼn mens maklik terug na daardie magsposisie en fondasie as jy jou kind wil dissiplineer.

Kom luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.