Kom geniet ʼn matrieksafari in die Bosveld

(Foto: Berchtesgaden)

Dit is daardie tyd van die jaar in elke matrikulant se dagboek wat jy weet dit is min dae: min dae op skool, min dae voor jy uit die huis is, min dae voor jy vry is en aan niemand verslag hoef te doen van hoe laat jy vanaand gaan tuis wees nie. Daar is ook min dae voor die laaste pylvak van jou skoolloopbaan aanbreek – die eindeksamen!

Uit die Bosveld wens ons jou alle voorspoed toe en bid vir kalmte en rustigheid vir die volgende twee maande se voorbereiding en verslagdoening wat 12 jaar van skoolgaan sal afsluit.

Dis natuurlik belangrik om lekker te ontspan ná al die harde werk. As jy nog nie ʼn vakansie bespreek het nie, maak gou ʼn plan en bespreek jou plek vir die matrieksafari in die hartjie van die Bosveld.

Wil jy werklik jou matriekjaar afsluit soos die meeste met ʼn rowwe vakansie in Ballito, Plettenbergbaai, J-bay of bootvaart? Kom kry eerder jou kop reg vir die volgende fase van jou lewe.

Jou antwoord is ʼn week in die Bosveld, in die middel van die Waterberge, waar jy werklik naby aan God en sy skepping kan leef, saam met ander wat soos jy dink en waar julle aan die volgende fase van julle lewe kan beplan.

(Foto: Berchtesgaden)

Hier kan jy tot laataand by die knetterende vuur sit en kuier saam met enersdenkendes, maar steeds jouself geniet sonder die samedromming van honderde ander. Getalle is beperk tot slegs 25 persone om vir jou werklik die voordeel te bied van eksklusiwiteit en eenwording met die natuur en wie jy is. Kom geniet die Bosveld en sy bewoners. Jy gaan die enkele aktiwiteite wat aangebied word baie geniet in die gerief van ʼn luukse lodge met hope fasiliteite maar bowenal die rustige atmosfeer.

Formele aktiwiteite word beperk tot maksimum een per dag sodat jy self kan bepaal wat jy graag met jou tyd wil doen. Die doelwit is om jou vir jou nuwe lewensfase toe te rus met ʼn les of twee uit God se skepping, sodat dit ʼn positiewe bydrae kan lewer op dit wat vir jou voorlê.

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm nooi matrikulante uit om vir ʼn week saam met medesielsgenote die Bosveld te kom ervaar. Teken solank 7 tot 13 Desember in jou dagboek aan.

Die sluitingsdatum vir bespreking is 20 November en daar is net plek vir 25 matrikulante. Doen vandag nog jou bespreking by https://berchtesgaden.co.za/veldskool/matriek-safari

Waarvoor wag jy? Trek jou beste vriend of vriendin nader, doen jou bespreking en ons ontvang jou graag in die Bosveld.

Vir vinnige terugvoer of navrae, stuur gerus jou naam, van en e-posadres per WhatsApp aan 083 250 7989. Ons stuur vir jou meer besonderhede en die volledige program.

  • Die berig is gewysig nadat dit aanvanklik gepubliseer is. – Red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.