Hoekom onderrig ons? Wat is die doel van onderwys en opleiding? Is dit om ʼn jong mens so vinnig as moontlik in ʼn beroep in te stoot? Die kort antwoord op hierdie vrae is beslis nee.
In hierdie episode gesels ons met prof. Danie Goosen, akademiese hoof by die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia, oor hoekom jy leerders in verwondering moet laat oor die ware, die goeie en die skone.
- Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie teks.