Luister: Nuwe hoogtes met ou beginsels

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Die aanbieders van die reeks Podvoeding, Charlotte Fourie, Johan Koekemoer en André Badenhorst, vat die afgelope seisoen se episodes saam in ʼn heerlike gesprek.

Hulle neem die luisteraar op ʼn reis – van die drie groot antieke stede tot diep in die 21ste eeu. Hoe het die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se onderrig- en leermodel ontstaan, wat is die uitdagings ten opsigte van nuwe konsepte, wat behels die nuwe rol van die onderwyser, waar kom kringonderrig vandaan en watter rol speel Christelike waardes in ʼn toenemend veranderende wêreld?

Die sluier word ook gelig oor wat die luisteraar in die volgende seisoen se episodes te wagte kan wees.

  • Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie teks.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.