Neem skoolgaan na die volgende vlak met die Impaq Aanlyn Skool

(Foto verskaf deur Impaq)

Deur Louise Schoonwinkel

Met die toenemende aanvraag na tuisonderrig, is ’n splinternuwe Impaq Aanlyn Skool in September 2021 bekendgestel! Impaq is reeds vir meer as 19 jaar die leier in gestruktureerde tuisonderrig in Suid-Afrika en gedurende hierdie tydperk het meer as 169 000 leerders van Impaq se produkte en dienste gebruik gemaak.

Sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie het die behoefte aan Impaq se tuisonderrig-aanbieding – wat die KABV-kurrikulum volg en geskik is vir leerders van graad R tot 12 – drasties toegeneem, met ’n rekordtal gesinne wat in die afgelope 18 maande na dié vorm van onderrig oorgeskakel het.

Dit is teen hierdie agtergrond wat Impaq besluit het om skoolgaan na die volgende vlak te neem deur die bekendstelling van ’n ten volle toegeruste aanlyn skool vir Engels- en Afrikaanssprekende leerders.

Welkom by die Impaq Aanlyn Skool

Die bekendstelling van die Impaq Aanlyn Skool is ’n voortbouing van Impaq se toewyding tot die verskaffing van uitstekende opvoeding aantuisonderrig-leerders. Inskrywings het amptelik op 1 September 2021 geopen, met die skool wat in 2022 aan die behoeftes van leerders van graad 7 tot 11 sal voldoen. Planne is in plek om vanaf 2023 die aanbieding ook aan leerders in ander grade beskikbaar te stel.

Terwyl Impaq tradisionele tuisonderrig-aanbieding die verantwoordelikheid vir onderrig op ouers plaas, sal die Impaq Aanlyn Skool ouers in staat stel om hul kinders toe te laat om aanlyn klasse deur gekwalifiseerde opvoedkundige spesialiste by te woon. Ons ervare opvoedkundige spesialiste sal:

  • klasse deur die loop van die dag fasiliteer;
  • alle materiaal dek;
  • interpersoonlike verhoudings bou;
  • leerders se vordering monitor en aanmoedig; en
  • enige vrae in werklike tyd antwoord.

Klasgroottes word tot 30 leerders per klas beperk, wat individuele aandag en ’n sosiale leerervaring fasiliteer.

(Foto verskaf deur Impaq)

Neem leer na die volgende vlak

Die Impaq Aanlyn Skool bied aan leerders ’n ten volle ondersteunde leerervaring om hulle te help om in ’n aanlyn omgewing te floreer en akademies te presteer. Die Impaq Aanlyn Skool bied aan leerders die volgende:

  • daaglikse interaktiewe klasse;
  • toegang tot gekwalifiseerde opvoedkundige spesialiste;
  • geleentheid om met klasmaats te gesels;
  • toegang tot aanlyn forums;
  • gedrukte of e-boeke;
  • alle assesserings (toetse, take en eksamens) wat benodig word om die jaar te voltooi;
  • toegang tot die Optimi Learning Portal met aanlyn klasse, interaktiewe lesse, vasvraery en meer;
  • ekstra klasse in spesifieke vakke;
  • toegang tot ’n welstandtoepassing (app), asook ’n berader; en
  • fiksheidsessies.

Impaq se gesofistikeerde Optimi Learning Portal sal leerders se akademiese vordering monitor. Dié aanlyn stelsel kan help om gapings in leerders se onderrig te identifiseer en verseker dat opvoedkundige uitkomste gemeet en behaal word. Die Impaq Aanlyn Skool fokus egter nie net op akademie nie, maar beoog ook om na leerders se fisiese en geestelike welstand om te sien deur toegang te bied na fiksheidsessies, ’n welstandtoepassing (app) asook ’n berader.

Registreer vandag vir die Impaq Aanlyn Skool

Vir ouers wat hul kinders by die Impaq Aanlyn Skool wil inskryf is dit makliker as ooit – besoek die webblad, klik op die registrasieblad, en kies die Impaq Aanlyn Skool-opsie tydens registrasie.

Kostes vir die Impaq Aanlyn Skool is mededingend in vergelyking met ander skole in Suid-Afrika en dek lesmateriaal, assesserings, en eksamenkostes. Kostes vir leerders vanaf graad 7 tot 9 begin teen R2 236 per maand, en vir graad 10 en 11-leerders teen R2 670 per maand.

Vir meer inligting oor ons opwindende nuwe aanbieding, besoek Impaq se webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.