Paasfees-pret in jou omgewing

As jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry tydens die Paastydperk, maar steeds wil seker maak dat jy en jou gesin hope pret het, is hierdie lys van doen-dinge reg oor die land vir jou.

Gauteng

Sandton City – Chocolate Café Speckled Edition

Sandton City in Johannesburg bied vanjaar die Chocolate Café Speckled Edition tot 10 April aan. Die sentrum se binnehof is omskep in ʼn Paasfees-wonderland en is gevul met prettige aktiwiteite vir jonk en oud.

Die Chocolate Café Speckled Edition stel van die wêreld se mees befaamde sjokoladehandelsmerke soos Beacon, Ferrero Rocher, Kinder, Lindt en die plaaslike gunsteling, Chocoloza, ten toon.

Eastgate – Build-a-Bunny

Die Eastgate-winkelsentrum in Johannesburg bied ʼn Build-a-Bunny-werkswinkel aan wat pret vir die hele gesin verskaf.

Hierdie multi-sensoriese ervaring stel ʼn mens in staat om geure, klanke, klere, bykomstighede, dons en meer te kies om ʼn unieke hasie van nuut af te skep.

Die werkswinkel is ʼn vennootskap tussen Toy Kingdom en Build-a-Bear, en is ʼn eerste vir die Eastgate-winkelsentrum.

Die werkswinkel vind van 5 tot 10 April in die Strelitzia Court van die winkelsentrum plaas.

Build-A-Bunny-werkswinkels word hierdie Paasnaweek by die Eastgate-winkelsentrum aangebied. (Foto: Verskaf)

Bedford Centre – Stem vir jou gunsteling-eier

Die Bedford Centre in Johannesburg bied tot 14 April ʼn Easter Eggs-hibition aan. Dié uitstalling van reuse-Paaseiers, wat elkeen een meter hoog staan, is versier deur leerders van 12 verskillende skole reg oor Johannesburg.

Kopers kan vir hulle gunsteling-eier stem. Die skool wat die meeste stemme ontvang, wen ʼn geskenkbewys ter waarde van R10 000 van die Bedford Centre.

ʼn Speckled-kolletjiekunsinstallasie is ook voor die roltrappe op die onderste verdieping van die sentrum opgestel. Dié lewendige, flambojante en kleurvolle uitstalling is geïnspireer deur die avant-garde kunstenaar, Yayoi Kusama.

Albei die uitstallings, asook deelname aan die kolletjiekuns-installasie, is gratis.

KwaZulu-Natal

Gateway-sentrum

Besoekers aan die Gateway-sentrum in Umhlanga kan ure se pret hê op die kegelbalbaan, in die trampolien-sone, op die klimmure en in die massiewe doolhof vir kinders.

Kinders moet ouer as vyf jaar oud wees en kan in hulle kouse speel, geen skoene hoef meer gehuur te word nie.

Groepbesprekings kan gemaak word en daar is ook verversings beskikbaar. Ouderdom, hoogte- en gewigbeperkings geld.

Ander aktiwiteite wat by die Gateway-sentrum aangebied word sluit in Snow Wonderland, Sport on Court, Mr Funtubbles en vele meer.

Wes-Kaap

V&A Waterfront

Besoekers aan die V&A Waterfront kan op Saterdag 8 April en Sondag 9 April vanaf 10:00 tot 15:00 uitsien na ʼn hele reeks aktiwiteite vir jonk en oud.

ʼn Amazing Race met ʼn Paasfees-tema, gesigverf en ʼn kindermark word aangebied, en die Paashaas kom maak ook ʼn draai.

Die kindermark word naby H&M in die Victoria Wharf-winkelsentrum aangebied. Die ander aktiwiteite word in die Amfiteater aangebied.

Afrika-ritmes weerklink gereeld by die V&A Waterfront. Talentvolle musikante kan op Saterdag 8 April, Sondag 9 April en Dinsdag 11 April in die Amfiteater aanmeld vir die Paasfees-oudisies. Suksesvolle kandidate sal toegang verkry tot die V&A Waterfront se mentorskapprogram.

Die Charming Chef sal Saterdag en Sondag ʼn bakklas vir jong bakkers aanbied. Die klas sal in die Enchanted Kitchen by Makers Landing plaasvind.

Die bakkers sal leer om sjokoladekolwyntjies gevul met verrassings te maak. Kaartjies kos R195 per kind en kan by Quicket aangekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.