Sol-Tech se opedag ʼn belewenis 

(Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Sol-Tech hou op 24 en 25 Februarie ʼn opedag vir voornemende studente om meer te wete te kom oor die gehalte-opleiding wat Sol-Tech bied.

“Die Sol-Tech-opedag is werklik ʼn fantastiese ervaring. Dit gee aan voornemende studente die geleentheid om die kampus te kom beleef, deur die werkwinkels en splinternuwe IT-laboratorium te stap, die kampus (en eet in die Kraal) te kom beleef en om met ons huidige studente te gesels. Dit is ʼn lekker dag en jy gaan beslis met ʼn opgewondenheid oor jou toekoms van die kampus af wegry,” sê Chantal Swart, bemarkingsbestuurder van Sol-Tech.

Sol-Tech bied van vanjaar nóg meer studiemoontlikhede met die toevoeging van drie IT-kwalifikasies aan studente. Voornemende studente kan uitsien na kwalifikasies as data- en wolkspesialiste; kubersekuriteitspesialiste en IT-ondersteuning- en netwerkspesialiste.

Voornemende studente kan verder tydens die opedag met lektore in die wêreldklas-werkwinkels kom gesels en meer oor die ambaggerigte beroepskwalifikasies te wete kom. Sol-Tech lei die afgelope 15 jaar ambagslui as meulmakers, passer-en-draaiers, elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, gereedskapmakers en sweisers op. Twee splinternuwe kwalifikasies, naamlik outo-elektries en megatronika, word ook sedert die begin van die jaar aangebied. Die verpligte keuringstoets kan tydens die opedag op die kampus afgelê word en daar sal ook geleentheid wees om vrae aan Ajani, Sol-Tech se private plasingsmaatskappy, te stel.

“Sol-Tech is opgewonde oor jong mense se toekoms in Suid-Afrika. Ons doel was nog altyd om jong mense indiensneembaar te maak en so hul toekoms vir hulle te laat werk. Beide die ambaggerigte en IT-kwalifikasies is gesog in die mark en ons studente doen baie goed in die bedryf. Neem die eerste tree na ʼn suksesvolle toekoms en dit kan ook vir jou ʼn werklikheid wees. Sien jou by die opedag!”

Voornemende studente word genooi om hul plek vir bywoning van die opedag by www.sol-tech.co.za te bespreek.

Besoek gerus die kampus op die volgende tye:

Vrydag 24 Februarie 2023 vanaf 13:00 tot 16:00 en Saterdag, 25 Februarie 2023 vanaf 08:00 tot 13:00.

Stuur gerus ʼn e-pos na [email protected] vir enige verdere navrae, besoek ons webwerf by www.sol-tech.co.za of kom kuier saam met ons op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.