Sondela Akademie: Jou alternatief vir ʼn klaskamer 

sondela_newslide2-743x400-2.jpg

[promosie-artikel]

ʼn Paar jaar gelede was daar baie min opsies as dit gekom het by die keuse van waar jy gaan studeer om ʼn goeie, erkende  kwalifikasie te verkry.  Vandag is daar ʼn baie groter keuse vir skoolverlaters.

Een van die instansies waar die tradisionele klaskamer nie meer ʼn kwessie is nie, is Sondela Akademie. Ten minste 70% van die student se tyd word aan praktiese opleiding bestee en die student stap aan die einde van sy studie-loopbaan weg met meer as genoeg praktiese ondervinding sowel as ʼn internasionale erkende kwalifikasie.

Sondela Akademie gee eerstejaarstudente blootstelling aan al die rigtings wat aangebied word.  Dus, na die eerste jaar het ʼn student reeds ondervinding en ʼn baie goeie idee van verskeie vakrigtings in die bedryf.  Van die tweede jaar af kan daar in ʼn spesifieke rigting gespesialiseer word.  Die voordeel hiervan is dat ʼn Sondela Akademie-student wegstap met ʼn wye kennis van hoe die bedryf werk.

Die praktiese opleiding gedurende die studieperiode berei leerders voor vir die werksplek, ondersteun met die teoretiese agtergrond. Die studente werk in ‘n omgewing waar daar werklike gaste is en geakkrediteerde opleiding.  Dus, word hulle eerstehands gekonfronteer met hoe dit werklik is.

Die toerismebedryf is oor die algemeen nog nie ontwikkel tot sy volle potensiaal nie. Daar is bloot nie genoeg prakties gekwalifiseerde personeel nie en geen toerisme-instansie kan suksesvol wees sonder genoegsame professioneel opgeleide personeel nie!

Sondela Akademie het die behoefte aan genoeg opgeleide toerismepersoneel en sjefs geïdentifiseer en ‘n verskeidenheid kursusse gekombineer met ‘n fokus op praktiese opleiding by Sondela Natuurreservaat.

Sondela bied die volgende kursusse aan:

  • gasvryheidsbedryf
  • professionele sjef
  • natuurbewaring
  • skoonheidsbedryf
  • spesiale geleentheidsbestuur (event management)

Registreer nou vir die Julie inname

Daar is twee innames per jaar. Die eerste groep eerstejaars word in Januarie verwelkom en die tweede groep begin in Julie. Skoolverlaters wat dus nog nie heeltemal seker is van watter rigting hulle moet inslaan nie, het nog die geleentheid om Julie deel te word van hierdie baie dinamiese akademie.

Leerders betree sonder twyfel die toerismebedryf met ondervinding en is vol selfvertroue na hulle studies. Die afgestudeerde leerders het ‘n passie vir die toerismebedryf en kan dit uitleef en sukses behaal in die toerismemark!

Om meer uit te vind, besoek gerus hul webblad, skakel 014 736 8860 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

elizma pohl ·

ek wil graag meer uitvind oo julle opleding my dogter is nou in gr11 en osmoet verseker begin dink na skool. haar hart en siel is om natuurbewaring te studier, kan julle asb vir my meer inligting stuur.

groete elizma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.