Wen ʼn Jolly Trolley vir jou volgende vakansie

Family Jolly Trolley

Die Jolly Trolley-familiemodel is ontwerp met ekstra hoë alleterreinwiele om maklik oor enige terrein te beweeg. Hierdie wiele is ontwerp om ‘n gladder en meer gemaklike ervaring te bied wanneer jy die Jolly Trolley stoot of trek.

Die model is baie lig en maklik om te hanteer wanneer die waentjie opgevou word om elke mamma en pappa se lewe baie makliker te maak.

Maak die las op jou skouers ligter met die Family Jolly Trolley.

Hier is ʼn paar kenmerke van die Family Jolly Trolley:

  • Dakkie vir sonbeskerming

Geniet jou uitstappie na die strand of piekniek met die kleingoed in die Jolly Trolley. Daar is ʼn dakkie wat die kinders teen die bloedige son beskerm. Die dakkie is opvoubaar met ingeboude paaltjies aan die raam wat moeiteloos wegvou wanneer dit nie gebruik word nie.

  • Stoot en trek-handvatsel

Die Family-model se stoot en trek-handvatsel maak die ervaring baie meer gemaklik omdat jy jou kinders voor jou kan sien, en nie net agter jou aantrek nie. Dit laat die gebruiker toe om die waentjie baie makliker rond te beweeg op enige terrein.

  • Wiele vir alle terreine

Die Family se alleterreinwiele maak dit perfek vir enige terrein. Ideaal vir alle terreine van die strand tot gras of die plaasgrondpad. Pak enige terrein met gemak aan. Wanneer jy hierdie alleterreinwiele vergelyk met die 4×4-wiele, kry jy beslis ‘n gladder en makliker hanteerbare ervaring.

  • Veeldoelig en ruim

Laai tot 120 kg van alles en nog wat – van kinders tot troeteldiere, koelsakke tot strandstoele. Die Family is jou eerste keuse vir uitstappies, kampeer, en pieknieks, wat die lewe moeiteloos gerieflik maak. Hierdie model word gereeld gebruik as ʼn kampeerkot op wiele!

  • Veiligheidsgordels

Die Family Jolly Trolley het twee sitplekgordels vir jou kleingoed se veiligheid.

  • Koelsakkie

Die koelsakkie maak jou somer-ervaring op die strand sommer baie “cool”. Hou jou en jou verfrissings verkoel terwyl jy ontspan.

  • Maklik om skoon te maak en te onderhou

Die dubbele Oxford-materiaal is nie net duursaam nie, maar ook maklik om skoon te maak. Geniet die praktiese voordeel van ‘n netjiese en goedversorgde Jolly Trolley.

  • Kompak en draagbaar

Die Family vou moeiteloos op. Dit is kompak en maklik om te dra en in enige bagasieruim in te pas. Neem dit oral saam en maak die lewe maklik. Hierdie model vou binne sekondes op en is slegs 50 cm x 60 cm groot wanneer hy opgevou is.

Maak jou lewe maklik met Jolly Trolley!

Family Jolly Trolley

Wen ʼn Jolly Trolley 4×4 Deluxe

Een gelukkige Maroela-leser kom in aanmerking om ʼn Family Jolly Trolley ter waarde van R4 950,00 te wen. Maak seker jou inskrywing bereik ons voor 21 April 2024.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 21 April 2024 om 23:45.
  • Die wenner sal lukraak uit alle inskrywings getrek word.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak.
  • Die wenner se naam sal op 22 April 2024 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys sal deur Jolly Trolley aan die wenner versend word.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Deur in te skryf vir die kompetisie, gee jy toestemming dat Maroela Media jou inligting met Jolly Trolley mag deel en hulle jou mag kontak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.